Dodetal styg in Golden Gate-busongeluk

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die dodetal van ʼn busongeluk wat Vrydag in die Golden Gate-natuurreservaat plaasgevind het, het tot 11 gestyg.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, het gesê 40 vroue en twee mans, almal personeellede van die SA Nasionale Weermag, was op die bus.

“Ons verstaan die busbestuurder het beheer verloor oor die bus toe hy nie betyds rem kon trap om ʼn draai nie,” het Mophethe gesê.

Maroela Media het vroeër berig nege vroue is op die toneel dood en ʼn tiende persoon is later in die hospitaal dood.

Maroela Media het bevestiging ontvang dat ʼn elfde persoon ook in die hospitaal gesterf het.

“Hulle was op pad na die Basotho- kulturele aktiwiteitsentrum,” het Mophethe verduidelik. Dit is nog nie duidelik of dit ʼn vrouemaand-geleentheid was wat die vroue sou bywoon nie.

Volgens paramedici op die toneel het die bus teen ʼn steilte afgerol.

Reuben Ruiters, hoof van die provinsiale nooddienste, het vroeër aan African News Agency (ANA) gesê nege persone is op die toneel dood en nege is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. “Ons het met agt ambulanse en drie reddingsvoertuie reageer. Die beseerde persone is na Bethlehem- Medi-Clinic en Bethlehem- provinsiale hospitaal geneem,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dinah ·

Een van my aptekers van 3mil was op daai bus. Sy is gelukkig nie beseer nie.

Wat-ek-lees ·

Wat ‘n ongelukkige voorval wat, volgens afleidings wat ek maak uit die berig, verhoed kon gewees het deur stadiger te ry. Dit is ‘n gebied met heelwat draaie en op- en afdraendes wat jou behoort bewus te maak om versigtig te bestuur. ‘n Vrag van 42 mense gee sowat 3 ton lewendige vrag wat dus ook beweeglik is. Op die koop toe word die swaartekrag van die bus met passasiers ook heelwat hoër verplaas a.g.v. die posisies van die sitplekke in die bus teenoor die swaartekrag van ‘n leë bus. Vrag veroorsaak ook dat daar vroeër gerem moet word. Hierdie fisikawette is nie buigbaar en laat nie met hulle speel. Oortree hierdie wette dan trek jy aan die kortste ent. Daar behoort beter opleiding te wees vir ALLE bestuurders as wat die K 53 bied.
Min mense besef die geweldige kragte wat uitgeoefen word op die aste ens. van ‘n voertuig wat bestuur word met ongebalanseerde wiele.

Mr P ·

Ek het nie n kode 14 bestuurslisensie nie. Jy trap nie rem op n draai met n swaarvoertuig ni. Skakel oor na n lae rat voor jy di draaie ingaan sodoende bly jy inbeheer. Bestuurders kry lisensies met voertuie sonder vrag. Sodra hulle slaag en vrag dra, is hulle n gevaarop di pad.

Corné ·

Mens begin stadig rem VOOR ‘n draai. Deur in ‘n draai rem te trap veroorsaak ook dat beheer oor ‘n voertuig verloor word. Elke ongeluk met lewensverlies is onnodig. Versigtigheid,, vaardigheid kennis en gesonde oordeel speel sleutelrolle in padveiligheid en voorkoming van ongelukke. Liewer laat as nooit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.