Dodetal styg in Nelspruit-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Nog mense is dood ná ʼn ongeluk Vrydagoggend in Rockydrift, Nelspruit, het die departement vir gemeenskapsveiligheid gesê.

“Die dodetal staan nou op 11,” het Joseph Mabuza, woordvoerder vir die departement, in ʼn verklaring gesê. “Hulle het in die hospitaal aan hul beserings beswyk.”

Sewe mense is op die toneel dood. Nog ses mense is beseer toe hul minibustaxi op die R40 omgeslaan en gerol het. Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het gesê die taxi het ongeveer 10 m van die pad af in die veld tot stilstand gekom.

Volgens Mabuza het die taxi van Kabokweni gekom en het versuim om by ʼn kruising stil te hou. “Die taxi het twee bane van Witrivier se rigting en twee bane van Nelspruit se rigting oorgesteek en die sypaadjie getref. Die voertuig het omgeslaan en die passasiers en bestuurder is uit die voertuig geslinger.

Altesaam 17 mense is Donderdag ernstig beseer by dieselfde kruising. Klik hier om meer te lees.

Vusi Shongwe, LUR vir die departement, het gesê minibustaxibestuurders moet aanspreeklikheid aanvaar vir hul passasiers se lewens. “Taxibase moet seker maak dat hul bestuurders behoorlik opgelei is en bekwaam is om op die pad te wees. Ons kan nie soveel lewens verloor weens roekelose bestuurders nie,” het Shongwe gesê.

Lees ook:
Nóg ʼn ongeluk by kruising eis 7
10 toeriste ernstig beseer in Mpuma-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.