Fikile Mbalula, minister van vervoer, het gesê die ondersoek na ʼn busongeluk Maandag in die Oos-Kaap sal bespoedig word.
Minstens 25 passasiers is dood en 62 beseer toe die bus op ʼn grondpad in Willowvale in ʼn kloof afgestort het. Die bus was van Chebe na Butterworth op pad. Die busbestuurder het vermoedelik beheer verloor oor die bus.
“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie in hierdie stadium bekend nie,” het Mbalula in ʼn verklaring gesê. “Die padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) sal die ongeluk ondersoek en met die polisie saamwerk.”
Mbalula het gesê dit is hartverskeurend en skokkend om só baie lewens in een ongeluk te verloor. “My innige meegevoel aan die families en die gemeenskap van Centane.”
Hy sal deur die loop van die week besoek aflê aan die families.
En die passasiers het hom gevra om stadiger te ry. Wat het hy nou daarvan?
Gisteraand op die nuus is gesê die bus was skaars weg van ‘n vorige stilhouplek en het nie vinnig gery nie?
Ai dis verskriklik. Die arme mense. Baie sterkte aan almal se families in die hartseer tyd.
Frikkie, spoed was die oorsaak
Hoeveel mense kan die bus vat,as ek reg lees was daar 87 mense in die bus
Dalk moet die man gewone klere aantrek . ‘n Pruik opsit . Sy wagte by die huis los en gaan bus ry , dan sal hy sien wat die oorsaak van die gemors op die paaie is .