Dodetal styg in Tembisa-oproer

Betogings het Maandagoggend in Tembisa uitgebreek. (Foto: Dikeledi Manamela/Twitter)

Minstens vier mense is Maandag dood tydens gewelddadige betogings oor die koste van elektrisiteit in Tembisa in die Oos-Rand.

Die betogings het uitgebreek nadat Tania Campbell, burgemeester van Ekurhuleni, glo versuim het om lede van die gemeenskap Vrydag tydens ʼn vergadering toe te spreek en op hul eise te reageer.

Infrastruktuur is ook beskadig terwyl verbygaande motoriste in die gebied met klippe bestook is. Benewens brandende bande wat paaie versper het, het betogers ook ʼn munisipale gebou in dié township aan die brand gesteek.

Kelebogile Thepa, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het bevestig dat twee mense in die oproer doodgeskiet is – na bewering deur wetstoepassingsbeamptes. Die liggame van nog twee mense is Maandagaand naby die ingang van die verbrande gebou gevind. Die oorsaak van hul dood is nog nie bevestig nie en vorm deel van die polisie se ondersoek.

Die jongste protesoptrede volg kort nadat oudpres. Thabo Mbeki gewaarsku het dat Suid-Afrika ’n opstand soortgelyk aan die Arabiese Lente kan beleef, veroorsaak deur toenemende ontevredenheid.

Mbeki het pres. Cyril Ramaphosa verlede maand daarvan beskuldig dat hy versuim om sy beloftes na te kom om wydverspreide armoede, ongelykheid en werkloosheid in die land te pak. Die algehele werkloosheidskoers staan tans op 34,5%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Heinrich ·

Almal het die reg om te protesteer. Wanneer hierdie reg om te protesteer oorgegaan het in die die reg om soos ‘n terroris op te tree deur onskuldige mense se eiedom en staatseiendom te beskadig sal net die ANC kan antwoord. As ju nie beskaafd kan protesteer nie het ek my simpatie met jou saak lankal verloor en sien ek net ‘n misdadiger.

Gert ·

Ja ek verstaan ook nie hoe die vernietiging van private en staatseiendom hulle saak bevoordeel nie. Almal betaal hoe elektrisiteits rekeninge so wat maak hulle spesiaal?

domheks ·

Heinrich, jy is heeltemal reg! Geen simpatie vir die betogers nie. En ou cyrel is missing in action..

H.A. ·

Terug in apartheids jare, niks het verander nie. Our people sal oor 20 jaar nog so aangaan. Geen hoop vir regte demokrasie nie.

Daleen ·

Nee H. A in die apartheids jare sou die weermag lankal hulle werk gedoen het en staatseiendom beskerm het. Wat is die weermag van vandag se werk?

Jacobus ·

Jy is reg die ANC terroriste is besig om ons terug te vat met dekades. Ons almal gaan weer met kerse en vure kos maak en fietse ry met water uit n nabye boorgat.

Kobus ·

Wonder altyd…as hulle die volgende dag terugkyk op die hope klippe en as, is hulle tevrede? Hulle is altyd ongelukkig maar stem elke keer vir dieselfde partye. Wat my ook bekommer is die kinders wat lustig saam betoog, verwoes en aan die brand steek. Hier kyk ek na die toekoms van die land. Dan vra Rampposa vir beleggers om ons land te vertrou.

Gawie ·

Waar is ons geagte Minister van Polisie met sy hoed nou? Hy is baie vinnig op die toneel van ander misdade om slim te lyk en leë beloftes te maak, maar hier waar daar net so groot misdaad gepleeg word skitter hy in sy afwesigheid.
Of is hierdie nie nuuswaardig genoeg vir hom nie?

Perdeby ·

Sy moet net haar voet neer sit en sê dit wat julle brand en afbreek word nie herbou of vervang nie, maar dan brand hulle nog verder, want hulle verstaan nie.

Vexed ·

Aai tog, hulle moet liewer die krag sentrales en so aan uitbrand, dan hoef hulle mos nou nie oor die krag prys bekommerd te wees nie. Probleem opgelos.

Mariana ·

Ons almal gaan gebuk onder die prys van elektrisiteit. Hierdie mense wil als verniet hê en dan brand en verniel hulle as hulle nie hul sin kry nie. As almal nou so optree dan brand die hele land binnekort. Wat is daar wat hulle nie verstaan nie? Nee als moet in geweld ontaard en more betoog hulle weer oor iets anders.

Di ·

Dis ongelukkig hoe hulle groot gemaak word. As jy nie jou sin kry, breek en brand alles af, ongeag of mense hulle lewens verloor in die voorval. Polisie moet nie eers meer inmeng nie, laat hulle alles vernietig en klaar kry. NIKS moet herbou word wat verwoes is nie, PUNT

Danie ·

Daar gaan n tyd kom wat die blankes netso gaan optree. Mense wat moedeloos is oor hul lewensomstandighede raak gefrustreerd en word gedryf tot sulke aksies. As jy in n hoek gedryf is dan vat dit net een persoon om die vlam aan die brand te steek en dan word die mens soos n dier en besf ons hoeveel van hierdie mense is daar wat ook in haglike omstandighede leef. Dit raak net erger en erger wit ,swart almal word geraak en ek kan jou waarborg dat wanneer daar meer en meer blankes gaan wees gaan hulle ,hul tot dieselfde wend.

Danie ·

Ek bly aangrensend van Tembisa en hierdie blaam kan net voor die huidige regering se deur gele word. Die mense van Tembisa en ook Kempton is keelvol. Ons betaal ten duurste maar kry swak dienslewering. Die burgemeester sal ook nie opdaag nie want sy is n swak leier. Ek sal ook nooit ooit weer vir die DA stem nie hulle faal ons in Ekurhuleni nes die ANC.

Dogmanet ·

Hoe werk die betogers se koppe…dink hulle as hulle dinge verder opneuk dit gaan verbeter?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.