Dodetal styg ná bakkie-ongeluk

Argieffoto

Die dodetal het gestyg in die bakkie-ongeluk wat Vrydag in die Oos-Kaap plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het omstreeks 15:00 op die N2 naby die Doti-nedersetting buite Butterworth plaasgevind. Vyf mense is op slag dood in dié ongeluk.

“Veertien mense was in die bakkie toe die ongeluk plaasgevind het. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word nog ondersoek. Daar was nie ʼn ander voertuig in die ongeluk betrokke nie,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie,  gesê.

Vyf mense, onder wie vier vroue en ʼn man, is op slag dood. Nege mense het ernstige beserings opgedoen en is in ʼn ernstige toestand na nabygeleë hospitale geneem.

Manatha het gesê een persoon het in die Dutywa-gesondheidsentrum gesterf en een persoon is in die ambulans op pad na die Butterworth-hospitaal dood.ie Dutywa-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Yster ·

Kyk maar net want voertuig was beslis onpadwaardig. Ons weet mos hoe gaan dit.

WitBlits ·

Sal graag wil sien hoe 14 mense lN ‘n bakkie is, want ek verwag 14 mense sal OP ‘n bakkie pas, maar nie in dit nie.

Tiger ·

Tragiese gevolge.Was daar 2 voor in en 12 agterop?Ek dink die bakkie was oorlaai.Wat bepaal die wet oor hoeveel agterop mag wees?

Alki ·

Daar was verlede maand ‘n Corsa bakkie in ‘n ongeluk op die R80 (Shoshanguve) waar daar 30 persone in was, 6 mense het gesterf in daardie ongeluk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.