Dodetal styg ná botsing op N4

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

ʼn Kind wat kritieke beserings opgedoen het tydens Sondag se botsing op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga is in die hospitaal oorlede.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê nog twee mense wat ernstige beserings opgedoen het, word in hospitale behandel.

Vier mense is op slag dood toe twee voertuie gebots het. Volgens Mmusi blyk dit in dié stadium dat die twee voertuie sydelings teen mekaar gebots het. Drie mense in die afleweringsvoertuig is dood, terwyl nog ʼn persoon in die sportnutsvoertuig gesterf het.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word deur die polisie ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Sydelings? Moenie vir my vertel wat is vye nie…Voertuie wat in dieselfde rigting beweeg en teen mekaar sydelings bots lyk nie so nie. Dit klink nie of Mmusi ooit op die Mtoneel was nie? Die bakkie het ‘n u-draai gemaak………en die Fortuner het hom dwars getref. En dit was hard….as mens na die Fortuner se passasiersdeur en voorwiel kyk….

IK ·

Alles behalwe ‘n sydelingse botsing, beslis ‘n ‘T-bone’. Soos Spikkels sê, dalk ‘n U-draai?

Etienne ·

Mense ry soos baloekas op daai N4. ek ry elke maand van PTA tot Nelspruit op daai pad.

Eunice ·

ONGELOOFLIK hóé onverskillig en met wát se angswekkende snelhede,meeste mense op daai pad bestuur,om een of ander rede,ek slaan my hande soms saam in ongeloof…stem saam met jou Ettiene

Chris Ws ·

Etienne ek stem met jou saam!Ek en my vrou het ‘n paar keer vir familie in Komatiepoort gaan kuier en die manewales wat die mense uithaal , uiters SWAK bestuurstyle en skokkende wangedrag op die N4 is verstommend en in baie gevalle angswekkend.Ons wil weer gaan kuier maar ek is bang!Ek wil maar kyk na ‘n alternatiewe roete om die N4 te vermy.

Chris Ws ·

Die bakkie het beslis ‘n stamp vol op sy regterkant.Kan net ‘n u draai deur hom wees wat so botsing kon tot gevolg he.My innige simpatie aan die naasbestaandes wat in rou gedompel is deur een bestuurder se onbesonne daad.Ek hetself al voertuie teengekom wat u draaie maak op daai snelweg .Gelukkig was ek vergenoeg weg om te kon rem.Dis duidelik die bestuurder van die Fortuner het nie ‘n kans gehad nie.

Bernadene ·

Ons het daai pad Saterdag 2 Maart gery en mense jaag verskriklik en vreeslik ongeduldig op pad N4 na Carolina toe. Regtig nie mens se lewe werd om so te jaag nie.

Matt ·

Dit is algemeen in Mpumalanga. Daar is GEEN verkeersbeamptes op die paaie te sien nie, maar hul voertuie word meer as gereeld in die parkeerareas van winkelsentrums gesien. Ek het vir drie jaar byna daagliks op die N17 na Johannesburg gereis en verkeersbeamptes is so skaars soos hoendertande. Maar in Nelspruit omgewing, waar die regeringskantore is, is hul skynbaar volop.

Papa G ·

Ek ry tweekeer ń week die N17. Daar word VERWAG dat jy die noodbaan moet gebruik as jy stadiger as 140km/h ry. Jy word bloot uit die pad uit gedruk. Die afgelope maand alleen het ek tweekeer die pad heeltemal verlaat omdat ek afgedruk is. NIE DEUR TAXI’S OF VRAGMOTORS NIE.

Andries van Vuuren ·

Ek luister soggens gereeld na Monitor op RSG en dit is opvallend in hul verkeersverslae hoeveel ongelukke by of naby afritte gebeur. Ek ry nie elke dag op die snelweë nie maar wat my verstom, is hoeveel mense aan die regterkant van die pad ry en as hulle by ‘n afrit kom, skielik links draai om by die afrit af te draai. Dit is waar hierdie soort ongelukke vandaan kom – mense wat net eenvoudig voor verkeer wat van agter kom indraai.

Roekelose bestuurders ·

Ek het al saam mense op daai pad gery en was nog nooit so bang nie. Dit drink van vroeg oggend af en besit die wêreld se mag agter die reuse bakkie se stuurwiel. Dit steek ander voertuie wat ordentlik bestuur verby, of dit nou wettig is of nie. Dit bestuur met kinders in die kar. Dit bygesê, dis maar oral op ons land se paaie so roekeloos. Die woord “ongeluk” is bitter selde akkuraat. Dis gewoonlik onverskilligheid wat sulke dinge veroorsaak.

De Wet ·

Dit was donderweer. Dit het tydens die ongeluk oor ‘n kort tyd baie gereën. Daar is op daardie deel van die N4 gereeld ongelukke, veral in die middag, in die somer, wanneer daar donderstorms voorkom. Ons het die toneel gesien kort na die ongeluk, oppad terug van die Laeveld. Baie water oor die pad oor kort periode, saam met swaarvoertuie wat agter hul water opspat en sig verder verswak, maak dit baie gevaarlik om in sulke omstandighede voertuie verby te steek, selfs op dié deel van die N4, waar drie bane aan elke kant is. Ek het nie die ongeluk sien gebeur nie, so dis een moontlikheid. Ons moes kophou op die N4 met die swaar reën.

chrisjan ·

En wat opvallend is in sulke swaar reen is dat MIN motoriste spoed verminder!Dis skokkend om te ervaar.Ek vermy dit heeltemal om te ry as daar ‘n moontlikheid van reen op die pad is agv die roekelose houding van meeste motoriste terwyl sig bitter swak is.
Sover dit die’ botsing(nie ongeluk nie!) betref die bakkie is duidelik aan sy regterkant en die Fortuner op sy neus beskadig.Vir voertuie wat in dieselfde rigting beweeg is dit slegs moontlik indien een voertuig voor die ander ingedraai het.In hierdie geval die bakkie.Sou hy gegly het en dwars gedraai het sou die Fortuner hom nie met so geweldige spoed getref het nie.Maar nou ja ek was nie daar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.