ʼn Kind wat kritieke beserings opgedoen het tydens Sondag se botsing op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga is in die hospitaal oorlede.
Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê nog twee mense wat ernstige beserings opgedoen het, word in hospitale behandel.
Vier mense is op slag dood toe twee voertuie gebots het. Volgens Mmusi blyk dit in dié stadium dat die twee voertuie sydelings teen mekaar gebots het. Drie mense in die afleweringsvoertuig is dood, terwyl nog ʼn persoon in die sportnutsvoertuig gesterf het.
Die presiese omstandighede rakende die voorval word deur die polisie ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Dubbelpad.. wou seker n u-draai gemaak het
Sydelings? Moenie vir my vertel wat is vye nie…Voertuie wat in dieselfde rigting beweeg en teen mekaar sydelings bots lyk nie so nie. Dit klink nie of Mmusi ooit op die Mtoneel was nie? Die bakkie het ‘n u-draai gemaak………en die Fortuner het hom dwars getref. En dit was hard….as mens na die Fortuner se passasiersdeur en voorwiel kyk….
“Head on” op ‘n snelweg?
Alles behalwe ‘n sydelingse botsing, beslis ‘n ‘T-bone’. Soos Spikkels sê, dalk ‘n U-draai?
Mense ry soos baloekas op daai N4. ek ry elke maand van PTA tot Nelspruit op daai pad.