Dodetal styg ná brand in Jhb-middestad

Foto: Verskaf.

Die dodetal van die verwoestende brand wat vanoggend by die kantoor van die departement van gesondheid en menslike nedersettings in Pixley ka Isaka Semestraat in Johannesburg uitgebreek het, het tot drie gestyg.

Die gebou huisves ook die Bank van Lissabon.

Jacob Mamabolo, LUR vir infrastruktuurontwikkeling, het Woensdagmiddag tydens ʼn mediakonferensie op die toneel aan joernaliste bevestig dat drie lede van die Stad Johannesburg se brandweerdepartement hul lewens tydens die bestryding van die brand verloor het.

Altesaam 13 personeellede is ook in die hospitaal opgeneem vir rookinaseming. Sommige brandbestryders is ook deur ʼn helikopter van die toneel verwyder.

“Ons wil graag ons medelye aan die oorledenes en beseerdes se families betuig,” het Mamabolo gesê.

Maroela Media het vroeër berig daar is omstreeks 11:00 ʼn harde slag in die gebou gehoor en ʼn brandbestryder het van die 23ste verdieping na buite geval en op die sementplaveisel te lande gekom reg voor die hoofingang van die gebou.

Die brandende gebou. Foto: Verskaf.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het gesê die ander twee brandbestryders wat gesterf het, was in die gebou vasgekeer en dat die proses om hul liggame na onder te bring onderweg was.

Volgens Sun is agt ander brandbestryders in die hospitaal opgeneem – sewe vir verskillende beserings en een vir uitputting.

Mamabolo het verder gesê die gebou het volgens ʼn verslag wat verlede week ná ʼn studie ontvang is net aan 21% van die gesondheids- en veiligheidsregulasies voldoen. Geboue moet ideaal gesproke ʼn 85% of hoër persentasie handhaaf.

Percy Makholwa, werknemer van die departement van menslike nedersettings, het vroeër Woensdag gesê die personeel opper glo al geruime tyd besware oor veiligheid in die gebou, maar dat daar tot op hede nie gehoor gegee is aan hul klagtes nie.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, het dit beaam en gesê hy het die plaaslike regering al gevra oor die veiligheid van werkers in die gebou en dat sy pleidooie op dowe ore geval het.

“Dit is baie ontstellend dat so iets gebeur. Een van die dinge waaroor werkers al vir ʼn lang ruk kla is dat hulle onveilig is.”

Die DA in Gauteng het gevra dat ʼn volledige ondersoek na die voorval van stapel gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Brian ·

Genade, dan klink dit my sekere mense is onbevoeg, moes nooit in ‘n sekere pos gewees het nie, as ek so berigte in die media lees soos dinge ontvou.

E.K. die eerste ·

En dan fokus die regering op grondgrype nonsens. Plaas dat hulle hul tyd en geld spandeer om dinge reg te ruk! Ek hoop die families van oorledenes en ander vat hul hof toe. Wat ‘n absolute skande! Niks sal die oorledenes terugbring nie maar die ANC se boekies van korrupsie, wanbestuur, diefstal en laksheid word al voller. Hul moet maar onthou dat hul hier op aarde mag wegkom met alles maar eendag staan almal voor dieselfde Regter en dan is daar GEEN verskonings nie!

Koeloekoe ·

Grote genugtig dit is nou wat gebeur as onbevoegde mense in poste is waar hul nie bevoeg is om hul werk ordendelik te doen nie
Baie jammer vir die families vir die wat met hul lewe moes boet asgevolg van gee nie om nie sorg net dat ek my afgespreekte salaris ontvang en de hel met die res??

Henk ·

Niemand sal hiervoor verantwoordelikheid neem nie, maar dit is tyd dat die ANC en sy kaders pa staan vir die dood van mense soos hierdie. Die gebou sou nie gebrand het as dit behoorlik in stand gehou was nie. Maar korrupsie en selfverryking vier hoofgety in die anc, so daar is nie geld vir instandhouding nie. Behalwe natuurlik vir ministers se huise en nuwe voertuie

Pikkewyn ·

Dieselfde gaan gebeur met die gebou in Bloemfontein, die ou CR Swart gebou nou Fidel Castro ook staatsdiens amptenare wat daar sit. Daar is al menig male gese die gebou is nie meer toeganklik vir menslike gebruik nie, maar steeds is daar elke dag mense daar. Daar is oral water in die verskillende parkeer areas, die fondamente het geskuif ens.ens. Daar sal ook seker eers iets aan gedoen word wanner dit te laat is. Om nie eens te praat van die stank reuke nie…dis regtig ‘n vuil onbruikbare gebou om te werk…..maar nou ja only time will tell….

OWO ·

Hierdie kon voorkom geword het.Daar word eenvoudig nie meer op ‘n gereelde basis roetine inspeksies by persele uitgevoer tov brandregulasies en gesonheidsregulasies nie.Die wetgewing is duidelik maar word verontagsaam.Klagtes word ook nie altyd ondersoek nie.’n Groot hoeveelheid werketiek is afgeskaf.Dit is ‘n kandidaat vir ‘n ramp,soos wat gebeur het.

Duncan Potgieter ·

Die Departement van Arbeid het wetlike voorskrifte en regulasies vir brand/gesondheid wat nagekom moet word ten opsigte van geboue en het spesifiek inspekteurs wat gereelde inspeksies moet doen.
Die vraag kan tereg gevra word – wat het die inspekteurs gedoen?. Die antwoord is maklik om te antwoord, naamlik “niks”. Kry net hul maandelikse salaris en sluk “winde”.
Dieselfde kan gemeld word met die Vaalrivier stelsel – een groot riool ramp en die tydbom wag net om te gebeur met duisende mense wat gaan sterf wat die vuil water moet drink en niemand “worry” nie.

johan ·

Dis seker ook apartheid se skuld ,ons het mos nie die gebou op gerig nie,hoekom moet ons dit onderhou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.