Dodetal styg ná gru-ongeluk

Foto: KwaZulu-Natalse departement van vervoer.

Die dodetal van die gru-ongeluk op die R66 tussen Ulundi en Melmoth in KwaZulu-Natal het tot 16 gestyg.

Daar is aanvanklik berig dat 13 mense dood en verskeie ander beseer is toe ’n minibustaxi en ’n vragmotor Woensdagoggend reg van voor gebots het.

Bheki Ntuli, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het gesê 15 mense, onder wie ʼn doodgebore baba, is in die taxi dood terwyl die vragmotorbestuurder ook in die botsing omgekom het.

Die taxi het ná die botsing aan die brand geslaan. Drie van die oorledenes het onherkenbaar verkool en DNS-toetse sal gedoen moet word om hul uit te ken.

Ntuli het die ongelukstoneel besoek. “Die ongeluk is een van die grusaamste ongelukstonele wat ek nog gesien het. ʼn Swanger vrou se baba is op die toneel doodgebore. Dit pynig my dat mense geliefdes verloor het.”

Vyf mense het die botsing oorleef en Ntuli het die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

Volgens Ntuli sal daar onverpoosd gewerk word om die DNS-toetsing van die drie slagoffers te verwerk sodat alle gesinne berusting kan vind en hul geliefdes kan begrawe. “Die provinsiale regering, in samewerking met plaaslike munisipaliteite, sal die gesinne van die slagoffers help met begrafnisreëlings en psigo-sosiale dienste.”

Foto: KwaZulu-Natalse departement van vervoer.

Die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk sal fokus op die padvaardigheid van albei voertuie, die weerstoestande tydens die ongeluk en ander oorsaaklike faktore wat tot die ongeluk kon lei. “Dit is egter van kardinale belang dat padgebruikers kennis dra van die faktore wat bydra tot die slagting op ons paaie soos spoed en bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms.

“Ons is daartoe verbind om die bloedbad op ons paaie te beëindig en sal voortgaan om padveiligheid in die provinsie te verseker deur strategiese verkeershandhawing, opvoeding en sterk gemeenskapsbetrokkenheid,” het Ntuli gesê.

Woensdag se gru-ongeluk volg net meer as ’n week nadat 12 mense in ʼn gru-ongeluk tussen Underberg en Bulwer, ook in KwaZulu-Natal, omgekom het.

Maroela Media het vroeër berig die bestuurder van ’n taxi het glo in dié voorval beheer oor die voertuig verloor waarna die taxi die pad verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Daardie paaie is bevuil met vragmotors wat steenkool Richardsbaai toe vervoer. Daar ry somtyds tot 5 vragmotors agtermekaar. Jy is verplig om jou lewe te waag om al 5 verby te gaan anders gaan jy 6 dae neem om 6 ure te ry. Geen volgafstand word gehandhaaf nie. Ons praat nie eens van die toestand van ons paaie nie. Kyk hoe lyk ons spoorvervoerstelsel. Dit was veronderstel om hierdie vragte te dra. Wie moet ons bedank? Duidelik ‘n Regering wat ons gefaal het. Terwyl ons op die onderwerp van steenkool is. Eskom sukkel so met kragvoorsiening. Waarheen word hierdie miljoene tonne steenkool uitgevoer? Moet asb nie antwoord nie. Ek glo ons almal weet wat ons weet.

Connie ·

Lyk vir my die taxi was oorlaai ook, want as ek reg uitwerk is dit 14 (15+baba) dood + 5 lewe=19-1(trok drywer)=18 volgens my is daar net plek vir 15. As jy nou die lock down reels vat mag die taxi 50%-80%? gelaai wees. So was die taxi overload soos gewoontlik en wou weer overtake soos ALTYD en gee nie n vlenter om vir die lewens in enige voertuig nie. Hulle maak my siek haal hulle van die pad af vir goed, hulle is moordenaars wat net verwoesting saai waar hulle ry.

koos10 ·

Connie, ek kan nie uitmaak watter voertuig is dit nie, maar daar is taxis wat tot 23 mense wettig mag dra. Die taxis mag 100% dra vir roetes van minder as 2 ure en 70% vir langer roetes.
Ek verskil nie van jou nie, maar as ons objektiewe kommentaar wil lewer moet ons feite reg wees.

Jakez ·

Daai was ‘n Toyota Quantum, wat beslis nie 23 mense mag vervoer nie.
Stem 100% saam met Connie!

SonderSkaamte ·

oh dit puinig jou dat mense geliefdes verloor het ? Haha if you had a heart you could feel…… maar ek twyfel….

Dup ·

Taxis,taxis,taxis………”die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek”….ons weet almal wat die oorsaak is,roekelose bestuur,onpadwaardige taxis,spoed en bestuurders sonder lisensies.

Nella ·

Wat van die onskuldiges in die Taxi? Enigste vervoer om vir hul familie te kan sorg en nou het die taxibestuurder gemaak dat dit nou ook nie meer die familie beskore is nie.

Sakkie ·

Johan van my af ook nie kyk mooi na die foto dan sal jy sien dis weer n sperstreep

Chris ·

Die taxi was onderweg van Nongoma na Durban, die vragmotor bestuurder het klaarblyklik met die lang afdraende beheer verloor en die taxi uitgevat. In hierdie geval nie die ewige taxi nie. Indien jy al ooit van Melmoth na Ulundi gery sal jy weet dat hierdie deel van die pad veral na die laaste draai na mtonjaneni ‘n lang afdraende en gevaarlik is veral wanneer bestuurders van swaar voertuie nie die pad ken nie.

Cecilia ·

Waar is d spesiale sandpitte wat weghol vragmotors moet keer? Nee dis nie instand gehou v 1994 af nie. Daar is waarskuwingstekens en borde. D bestuurders het nie geldige wettig bekomde rybewyse nie en weet dus nie wat d tekens beteken nie. Nee wat Chris face it! D mense is onverantwoordelik! Te danke aan n korrupte Staatstelsel is enige vervalste dokument enige plek maklik beskikbaar.

Pietertjie ·

Die bloedbad sal nie verminder tensy die owerhede die koue, harde feite in die oë kyk nie : straffelose wetteloosheid op die paaie. Ek sien verskeie voorbeelde hiervan, vir elke kilometer wat ek op die pad ry.

nell ·

Dis goed en wel om kennis te neem van al die moontlike faktore wat kan bydra tot ‘n ongeluk, maar hoe moet ek as padgebruiker weet of my mede padgebruikers in besit is van ‘n wettige bestuurslisensie? Is dit nie waar julle met jul ondersoek moet begin nie?

Ronel ·

Dit verbaas my glad nie. Ons ry gereeld daardie pad Richardsbaai toe en mense ry uiters onverskillig op daai paaie. Gaan verby op sperstrepe of blinde hoogtes. En wil selfs by padwerke op ‘n ander stuk pad by mense verby jaag.

Cecilia ·

DNS toetse wat R1000de kos. Finansiele Hulp vir d arme “slagoffers” se familie? Dit omdat n roekelose bestuurder sonder geldige rybewys dood en verwoesting saai.. So daar sal hulp gegee word deur d staat aan 90% vd families wat nie 1cent bydrae aan Tax nie. Jislaaik dis lekker.
Boere word uitgemoor. 1000de families is in rou en sonder inkomste maar d staat sal nie daar help nie. 1000de hektaar brand af deur onverantwoordelike betogers maar d Staat hou hulle hande en monde bot toe.
Ja d ou opgevoeyerde land v ons. Nou vrae d regering hkm verlaat mense d land in hulle hordes.

pompies ·

Dit is jammer dat onskuldige mense so in die taxi’s omkom, simpatie aan die families. Die trok bestuurders moet vas gevat word ek is al paar mal van die pad af gedruk deur hulle. Die trok bestuurders is buitelanders in die oorgroot meerderheid en voel niks vir ons mense nie.

Saartjievandiebosveld ·

Die mense gehoor saam geen padreëls nie.
2 persone was in Suid str Polokwane gearresteer…een het 127km per uur en die ander een 159km per uur in ‘n 60km zone gejaag…Een van die bestuurders was ‘n 15jarige sonder ‘n bestuurslisensie…..so almal maak soos hulle lus kry. …geen wet en order. ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.