Dodetal styg ná gru-ongeluk

(Foto verskaf deur SAPD Limpopo|)

Die dodetal van die gru-ongeluk waarin ses mense Saterdag in Limpopo dood is, het Maandagoggend gestyg.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn sewende slagoffer, die bestuurder van die motor, Maandagoggend in die hospitaal dood is.

Maroela Media het vroeër berig die polisie ondersoek steeds ʼn saak van strafbare manslag.

Ngoepe het gesê ʼn wit Toyota Venture-paneelwa het passasiers op die R81 tussen Polokwane en Mooketsi vervoer. “Toe dit ʼn draai by ga-Makgoba nader, het die bestuurder beheer verloor oor die voertuig en dit het ʼn paar keer gerol. Die voertuig het langs die pad op sy dak tot stilstand gekom.”

(Foto verskaf deur SAPD Limpopo|)

Vyf mense is Saterdag op die toneel oorlede en ʼn sesde het met aankoms by die hospitaal beswyk.

Die sewe oorledenes is twee mans, twee vroue, van wie een vermoedelik swanger was, en drie kinders.

“Die polisie is steeds besig om van die slagoffers te identifiseer,” het Ngoepe bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leser ·

toe die voertuig ‘n draai nader, het die bestuurder beheer verloor, was die bestuurder nugter, was hy instaat om ‘n voertuig te bestuur, het hy ‘n lisensie gehad (nie gekoop), was die voertuig “padwaardig”, was die spoed te hoog, soveel vrae

Showahed ·

In veral die Transkei area sien jy gereeld 5 sitplek Avanzas wat verander is na 7 sitplek voertuie. Die voertuig se onderstel en vering is nie gemaak om daardie getal mense met hulle bagasie te dra nie. Die voorwiele vat net hier en daar grond. Gladde bande, hoë spoed en ‘n “dodgy” bestuurder is ‘n resep vir tragedie.

Frikkie ·

Liewe Leser & LR. waarom al die vrae. Maak mos nie saak wat gebeur het nie. Daar is lewens verlies gewees ongeag ras klas en geslag . Ek kan maar net dink, hoe de duiwel ek so gewees het as dit my geliefdes was in die ongeluk en dan al die vrae en stellings wat deur jou kop gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.