Dodetal styg ná Houtbaai-brand

Vier mense is oorlede in die Houtbaai-brand (Foto: Twitter/@Mkhu8)

Vier mense is oorlede in die Houtbaai-brand (Foto: Twitter/@Mkhu8)

Minstens vier mense is dood in ʼn verwoestende brand wat nagenoeg 2 000 plakkershutte in Houtbaai in die Wes-Kaap verwoes het.

Rob Quintas, DA-raadslid in Houtbaai, het aan Maroela Media gesê onder dié vier mense tel uit een gesin ʼn ma, pa en hul kind.

Quintas sê dié vier inwoners van Houtbaai is vermoedelik dood toe hulle hul besittings probeer red het, of hulle is deur die rook oorweldig. “Ons kan nog nie met sekerheid sê nie. Dit is egter baie tragies, maar sal sin maak as hulle hul besittings probeer red het, want as jy onder die broodlyn leef en jou paar besittings begin brand, sal jy met alles baklei wat jy het om dit te probeer red.”

Hy het gesê in dié gebied woon daar minstens drie mense in een huis. Hy meen die brand het nagenoeg 8 000 mense dakloos gelaat.

Vier mense is oorlede in die Houtbaai-brand (Foto: Twitter/@DrivewearSA)

Vier mense is oorlede in die Houtbaai-brand (Foto: Twitter/@DrivewearSA)

Die oorsaak van die brand is steeds onbekend. “Ons is nie seker wanneer die resultate van die ondersoek bekend gemaak gaan word en of dit wel bekend gemaak gaan word nie,” het hy gesê.

Quintas het gesê nooddienste maan mense om nié na die gebied terug te keer nie aangesien die vure steeds smeul ten spyte van 12 bestrydingsvoertuie en meer as 70 brandbestryders.

Die stad se rampbestuur en verskeie ander organisasies het intussen alternatiewe verblyf vir gesinne beskikbaar gestel. Talle nieregeringsorganisasies help ook om kos te voorsien aan die slagoffers van die brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ysabeau de Villiers ·

die nuus is wonderlik en dis so maklik verkrygbaar wanneer jy wil weet wat aangaan

Div de Villiers ·

Eienaardig dit gebeur omtrent elke 6 maande. Ek sien TV skottel en Kragpaal bly gespaar.

Ironie ·

Kyk maar na gauteng se plakkerskampe, die minderbevoorregtes het amper almal skottel tv.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.