Dodetal styg ná huis in Alberton-landgoed ineenstort

Foto: ER24

Foto: ER24

Altesame nege mense is dood nadat ‘n huis Maandagoggend in die Meyersdal Eco-landgoed in Alberton ineengestort het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê nege mense is beseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, sê snuffelhonde word gebruik om te probeer vasstel of daar nog enige mense onder die puin vasgekeer is.

ER24 en die Ekurhuleni-nooddienste het vroeër gesê dat agt mense dood is en ses beseer is.

Die huis het Maandagoggend in die Meyersdal Eco-landgoed ineengestort en talle mense was onder die puin vasgekeer.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê twee van die 27 konstruksiewerkers wat op die toneel was, word steeds vermis.

Die departement van arbeid het intussen ‘n span inspekteurs na die toneel gestuur en ‘n ondersoek gelas na die voorval.

Lees ook:
Agt sterf na huis in Alberton-landgoed ineenstort
Talle beseer, vermis ná Alberton-huis ineenstort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.