Die dodetal het na vier opgeskuif ná ʼn massaskietery op sewe mense in Port Elizabeth toe Keenan Louw (26) Dinsdag in ʼn hospitaal gesterf het.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het bevestig Louw het by Greenacres-hospitaal aan sy beserings beswyk. Louw het skietwonde in sy bors opgedoen.
Maroela Media het vroeër berig Ruaan Willemse (8), Deacon van Rooyen (16) en Chadwin Calvert (17) is dood tydens die skietery vroeër vandeesmaand by ʼn huis in Capuletstraat in Booysens Park. Die polisie het in daardie stadium gesê twee gewapende mans het die deur van die huis oopgeskop, ʼn 26-jarige man genader en ʼn goue ketting van sy nek afgeruk. Die aanvallers het ook twee selfone gesteel voor hulle op die inwoners in die huis losgebrand het.
Een man is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem in verband met die skietery, maar is later vrygelaat toe daar nie genoeg bewyse was om hom met die misdaad te verbind nie.
Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.
Wat????
My innige meegevoel met die ouers en familie.
So onnodig.
Is dit bendegeweld ?
Klink beslis soos bendegeweld
..
Dis kinders wat dood geskiet is,dis erg,as dit nie vir maroela was nie,sou ons nie eers darvan geweet het nie.