Dodetal styg ná ongeluk in Tzaneen

Argieffoto

Argieffoto

Die dodetal het gestyg ná Saterdagaand se voorval waar ʼn bakkie in ʼn groep mense ingeploeg het terwyl hulle besig was om ʼn seekoei op te kap.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê agt mense is op die toneel dood verklaar terwyl nog twee mense onderweg na die hospitaal oorlede is.

Mulaudzi sê die groep mense was besig om ʼn seekoei op te kap nadat die dier vroeër deur ʼn vragmotor doodgery is.

Volgens Mulaudzi het die polisie die eienaar van die bakkie opgespoor. Hy sê dit is intussen nog nie duidelik of die bestuurder van die bakkie in die ongeluk dood is en of hy ná die ongeluk gevlug het nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ER24 het vroeër gesê die ongeluk het op die Ou Constantiapad plaasgevind en dat agt mense dood is en 12 mense beseer is.

Lees ook:
Agt dood, 12 beseer toe hulle seekoei opkap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.