Dodetal styg ná ontploffing in Somerset-Wes

(Foto: ANA)

Die dodetal het gestyg ná ʼn groot ontploffing Maandagmiddag by die Rheinmetall Denel Munition-depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.

Theo Layne, hoof van die brandweer van Stad Kaapstad, het bevestig minstens agt persone is dood en verskeie word steeds vermis. Aanvanklike berigte was dat vier persone dood is en ses vermis word.

Maroela Media het vroeër berig brandbestryders is omstreeks 15:45 na die toneel ontbied. “ʼn Ontploffing het plaasgevind en personeel van die aanleg was besig om die brand te probeer blus toe beamptes by die toneel opgedaag het,” het Layne gesê.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie. Altesaam 15 brandbestryders en drie brandweerwaens is op die toneel.

Die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel het ʼn 49%-aandeel in Rheinmetall Denel Munition (Edms) Bpk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pop ·

Waarookal die staat n vinger in die pie het is dit gaos. My innige innige simpatie met die familie van die mense.

John ·

Hierdie gebeure moet deeglik ondersoek word. Daar kan dalk vuilspel wees met Denel wat ook op die krukkelys is en uitlanders met hul hande in die pie.

johannes ·

SAL, Sa express, transnet, eskom, denel
alles staats maatskappye wat in 94 winsgewend en wereldklas was. En toe kom die anc. viva anc. als op in rook

Haan ·

Ek ruik n rot.

Is dit om tekortkominge te versoesel?
Is dit om buskruit voorrade te kniehalter?

Sterkte aan die slagoffers en hul geliefdes

Huh! ·

Buskruit? Regtig? Hoe lank gelede het jy laas gelees watse plofstof in ‘n militêre omgewings gebruik word?

BB ·

Kyk daai was nou vir jou n harde slag gewees. Ek bly in die Strand en my hele huis het so geruk. Die gedog die venster word uit hulle skaniere geruk!!

Marius ·

Dit klink verdag – veral nou met die ANC kabinet in China en China wat wapentuig in Zimbabwe inbring.. Rheinmetall is ‘n baie groot Duitse wapen maatskappy en met ‘n baie goeie veiligheidsrekord ook. Hulle voer na klomp lande oa hier na Australie waar ek woon groot kaliber ammunisie uit. Ek het voorheen by die Boskop-aaanleg[Naschem] naby Potchefstroom gewerk wat ‘n mede-aanleg is.

Blits ·

Dis interessant dat Denel finansieel rooi in die meilikheid is en nou skielik n hengse ontploffing, versekering gaan n lekker stewige bedrag moet uitbetaal, klink bietjie verdag met die tydsberekining van die voorval ??????????????????????????

lize ·

Blits, kry jou feite reg. Denel het minderheids aandeelhouding in die maatskappy. RDM het hulle eie Direksie, versekering en word totaal apart van Denel bedryf.

charles ·

waar presies is die aanleg? wonder nou net hoe dit bouery by die Sitari en ander langoede daar gaan affekteer.

Nettie ·

Eerstens: simpatie aan die familie, gesinne en vriende van diegene wat hul lewens verloor het en tweedens, spoedige herstel aan diegene wat in die ontploffing beseer is.

Iets laat my wonder: (1) DENEL is in ‘n ernstige finansiële verknorsing ….. dalk sabotasie t.w.v. versekeringsdekking? of (2) Is die ontploffing die gevolg van regstellende aksie aanstellings en/of die gebrek aan veilige operasionele standaarde?

MDB ·

Hierdie ontploffing was ongelooflik hard gewees. Ek is in die Strand en my hele huis se ruite het geskud.
Mense so ver soos Hermanus (76km van Strand/Somerset Wes) het dit gehoor.
Grabouw, Stellenbosch, Vishoek het ook dit gehoor.
Ek kan nie dink hoe dit vir die mense van Macassar, wat naaste aan die fabriek is, moes wees nie. Veral die wat familie het wat daar werk…

Stuiwer ·

Ek woon in Somerset-Wes en werk in Stellenbosch en ek kan jou verseker dat ek dit nie in Stellenbosch gehoor het nie. Dis onsin. My man werk in Strand/Somerset-Wes en die gebou waarin hy werk se vensters het geruk. Moenie al die stories sommer net goedsmoets glo nie.

jaco ·

dit kom nou van regstellende aksie. WAT maak ons as so iets by Koeberg kernkragstasie gebeur?

Mags ·

Baie jammer oor die mense wat hulle lewens verloor het, en hulle families..
Vir mense wat gereeld skiet, is hierdie voorval rampspoedig. Al die ammunisie se pryse gaan nou skielik die hoogte inskiet, want mense is verlee om dit aan te koop, die keuses gaan min wees.. Selfs die mense wat self herlaai, het nou probleme, aangesien al die kruit nou ingevoer sal moet word, en teen astronomiese pryse aan ons plaaslike mark verskaf word. Dit gaan die sportskiet mark ‘n groot knou gee…

Dink bietjie ·

Dis Rheinmetall Denel Munitions, nie PMP nie. Hulle maak nie speelgoed nie.

The RDM product portfolio encompasses:
Artillery ammunition (105mm and 155mm)
Mortar ammunition (60, 81 and 120mm)
Missile subsystems (propulsion units, warheads, etc)
Minefield breaching systems
Ammunition for naval applications
40mm infantry ammunition and pyrotechnics
Propellants and raw materials

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.