Dodetal styg ná oproer by Zim-tronk

Foto:  Nyarai Mudimu/IPS

Foto: Nyarai Mudimu/IPS

Die dodetal na ʼn oproer by ʼn maksimum-sekuriteitgevangenis in Zimbabwe het intussen tot drie gestyg, het die Zimbabwe-uitsaaikorporasie Saterdag gesê.

Maroela Media het vroeër berig tot 900 gevangenes het Vrydag by die Chikurubi-gevangenis oor swak kos betoog. Soldate, die berede polisie en die brandweer is ontbied.

Daar is bewerings dat die polisie op die betogers geskiet het, maar owerhede het bevestig slegs loskruitpatrone is gebruik.

ZBC het in ʼn berig op sy webwerf gesê nog twee gevangenes het intussen beswyk aan beserings wat hulle tydens die oproer opgedoen het. Maroela Media het Saterdag berig een gevangene is glo tydens ʼn stormloop dood.

Twee bewaarders word steeds by ʼn privaat hospitaal in Harare behandel.

ʼn Groep van vyf gevangenes het glo die oproer begin toe hulle hul komberse aan die brand gesteek het.

Die toestand van ses gevangenes wat ernstig beseer is, is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro ·

Miskien weet hulle nog nie dat die res van Zim, behalwe natuurlik Robert en Grace , ook nie kos het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.