Dodetal styg ná reusebotsing op N3

Die ongelukstoneel op die N3 naby die Barry Marais-afrit in Vosloorus. (Foto: Emer-G-Med)

Nog ʼn persoon het in ʼn Oos-Randse hospitaal aan haar beserings beswyk ná die massiewe botsing Maandagmiddag op die N3 naby die Barry Marais-afrit in Vosloorus, suid van Boksburg.

Dit bring die dodetal van dié ongeluk op tien te staan toe minstens vier vragmotors en vier ligte voertuie in dié botsing betrokke was.

Maroela Media het vroeër berig nege mense het op die ongelukstoneel gesterf.

EWN berig ʼn vrou is gisteraand in ʼn hospitaal dood nadat sy met kopbeserings en ʼn wond aan haar maag by die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus opgeneem is. Die vrou is glo in die operasieteater dood.

Volgens William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se nooddienste, is 21 beseerdes na nabygeleë hospitale vervoer, waar drie in ʼn kritieke toestand en nege ander met ernstige beserings opgeneem is.

Hoewel die oorsaak van die reusebotsing nog nie in dié stadium bekend is nie, het Ntladi aan Maroela Media gesê dat die veld langs die pad aan die brand was ten tyde van nooddienste se aankoms op die toneel. Daar het ook ʼn wind gewaai en dit is moontlik dat rook motoriste se sig kon belemmer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Ai

Liewe Vader..rus in vrede.