Dodetal styg ná skieter op nedersetting toesak

Argieffoto: Nico Strydom

Die dodetal het gestyg ná ʼn onbekende man Donderdagmiddag op inwoners van ʼn nedersetting in Isipingo in KwaZulu-Natal losgebrand het.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig vier mense is in die skietery dood en vyf is gewond.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 16:15 oorkant die Pilgrim-treinstasie plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel wil dit voorkom of die man eenvoudig net begin skiet het op die mense,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Toe die paramedici daar aankom en die gewondes ondersoek, het hulle gesien drie mense is dood, een is in ʼn kritieke toestand en vyf ernstig beseer,” het Botha gesê. Die pasiënte is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling, waar die vierde slagoffer aan sy beserings beswyk het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die oorledenes is almal mans tussen 25 en 35 jaar oud.

Die Isipingo-polisie ondersoek vier sake van moord en vyf van poging tot moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Gwala het gesê die motief vir die skietery is onbekend. Siddall het egter gesê daar word vermoed dat die voorval dwelmverwant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

Motief onduidelik. Seker maar die geroofde wapen getoets of dit in n werkende toestand is. Wat kan jy meer van n dwaas verwag?

Eugene ·

Dis ‘n tragedie en ‘n misdaad maar waar is ons ministers nou om die daad af te keur of was die skieter miskien nie ‘n boer nie.

Woordomskrywing ·

Nou stem ek saam met die woord ‘skieter’ wat hier gebruik word teenoor ‘skut’ in die vorige berig. Hoekom? Omdat ‘n skut iemand is wat bedrewe is in die skietkuns en ‘n skieter sommer iemand is wat lostrek en skiet wat ookal in sy pad kom. Toegegee dat ‘n skieter ook kan opgelei wees maar nie daardie benaming verdien oor sy platvoerse doen en late.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.