Dodetal styg ná trein taxi tref

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die dodetal van Maandag se botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn passasierstrein noord van Durban het tot 15 gestyg.

Altesaam 14 mense is op die toneel dood en ʼn persoon met kritieke beserings het later beswyk. Buiten die 15 mense wat dood is, is vyf mense beseer. Niemand op die trein is beseer nie.

Maroela Media het vroeër berig die botsing het op die N2-snelweg by die Shakas Head-afrit naby Ballito plaasgevind. Die bestuurder het glo op die brug beheer oor die volgelaaide voertuig verloor en deur ʼn versperring langs die pad gebars. Dit het by die steilte afgery en op die treinspoor beland, waarna die trein dit getref het.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse padverkeersinspektoraat, het gesê volgens beamptes was die taxi glo oorlaai.

Senzo Mchunu, premier van die provinsie, het belowe dat ʼn deeglike ondersoek uitgevoer sal word om die oorsaak van die botsing te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mira ·

Hoekom wil hul nou ‘n ondersoek doen na die oor saak van die ongeluk….. dit is voor die hand liggend! Die taxi was oorlaai!!!! As ek reg tel is daar al 15 dood en 5 beseer. Totaal kom op 20 mense binne die taxi.

Ghost ·

Dink die taxi drywer het gedink sy taxi is bestand teen n trein. As mens kyk hoe hulle bestuur kan mens nie glo hulle het n liksensies op n wetige manier bekom nie, dis as hulle een het.

neelsie ·

Jammer vir gesinne wat mense verloor het.
Passasiers wat die vervoer gebruik, lewe in vrees a g v roekelose bestuurders.
Die owerhede het glad nie beheer oor die taxis nie.
Dis of omkoop of 9mm!!

Anti-Haas ·

As ek Miljoene Rande gehad het, sou ek meer Toyota Bussies verniet aan hulle verskaf het. Toyota Bussies maak meer swartes dood as wat die Voortrekkers kon. Toyota Bo!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.