Dodetal styg skerp op Wes-Kaapse paaie

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

Minstens 107 mense is reeds in die eerste 18 dae van Desember op paaie in die Wes-Kaap dood.

Dit is ʼn aansienlike toename in die padsterftesyfer vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, het die provinsiale departement van vervoer en openbare werke Woensdag gesê.

Volgens die departement kan die styging in padsterftes gedeeltelik toegeskryf word aan die grusame ongeluk op die N1 by Touwsrivier die afgelope naweek wat die lewe van 12 mense, onder wie drie kinders, geëis het.

Luidens die verklaring is daar in die eerste 18 dae van Desember verlede jaar 87 mense op die Wes-Kaap se paaie dood – dit beteken die dodetal het vanjaar met 23% gestyg. “Die aantal passasiersterftes het meer as verdubbel, van 17 sterftes verlede jaar tot 40 vanjaar. Dit is ʼn bron van ernstige kommer.”

Die departement het motoriste aangemoedig om die nodige voorsorgmaatreëls te tref, insluitend om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie, om spoedperke te gehoorsaam, sitplekgordels te gebruik en gereeld ʼn blaaskans te neem op langafstandreise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ananda ·

Ons gesin het die afgelope naweek af gereis Weskus toe vir ‘n welverdiende breuk – die rit alleen het amper die hele vakansie regverdig soos mense (blank en swart) oor sperstrepe verbyjaag, oor blinde hoogtes verbysteek, ver bo die spoedgrens ry, op selfone sit en gesels terwyl hul oë op die pad moet wees, en net eenvoudig padreëls verontagsaam. Waag jy om hul op hul foute uit te wys, kry jy vieslike kyke en die middel vinger(!!) Want hoe durf jy hul teregwys – hul kan mos bestuur of hoe nou.

Nee kyk, jou senuwees is met tye behoorlik klaar soos jy moet uitswaai, padgee en dink vir ander wat dit nie vir hulself kan doen.

Wees veilig mense.

IK ·

Jy is in die kol Ananda. Na 58jaar ongeluksvry op die pad met GROOT genade leer ek nog steeds (by wyse van sien) ‘n paar truuks by hoe om verkeersreëls te oortree.
Daar is slegs twee oplossings: 1) Om op laerskoolvlak kinders te leer oor padveiligheid sodat die ouers betig kan word deur die kleuter. 2) Om wetsgehoorsame motoriste te voorsien van kameras (dash cams) sodat belhamels aangekeer kan word.
Dink jy vir een oomblik dat die owerheid belangstel?
Ek sien vandag weer soos hoeveel ander kere hoe die ou handjie en armpie uithang by ‘n bewegende voertuig se venster. Gaan vra maar vir dokters of daar spaaronderdele is om daardie uitsteeksel van jou te vervang. Ek het met ‘n persoon gesels wat SLEGS sy elmboog by die venster uit gehad het. ‘n Lorrie se deur het oopgegaan met die verbykom en sy elmboog vergruis.
Ons het egter die houding dat ongelukke NET met ander gebeur maar die plakker op die buffer van ‘n kar lees: ‘You won’t be the first one BUT you could be the next one’. Wreed van my om te sê dat begrafnisondernemers nie op vakansie is.

Reinhardt ·

Blinde hoogtes is vir my die ergste, dit gaan my verstand te bowe hoe mense kan dink dis n goeie idee. Daar is net twee uitkomste, spaar tyd, of gaan dood. Jammer maar so haastig is ek nou nie.

Alete ·

Ek sien nie daar word enige melding gemaak van selfone nie. Ek glo baie kop-aan-kop botsings en voertuie wat rol is agv selfone. Dis ‘n absolute euwel op ons paaie.

Wessel ·

Ek wil graag die sigbaarheid van verkeerskonstabels meer padblokkades en snelstrikke op baie meer paaie sien en nie net sporadies hier en daar en sekere dae nie Menselewens word elke dag op ons paaie geneem deur dronk bestuurders en spoed ens en nie net oor Kerstye en Paasnaweke nie

Sonneblom ·

Wetteloosheid en disrespek. Nogal baie ongelukke waar taxis betrokke is…dink “pad gebruik” opvoeding is nodig vir elke taxi bestuurder.

Nettie ·

@Sonneblom – ek wou nou nét dieselfde sê: taxi’s is die GROOTSTE oorsaak van die meeste multi-sterfgeval padongelukke.

Ek ry daagliks die N1 oppad werk toe en terug huistoe. As ek deesdae ‘n taxi met ‘n sleepwaentjie of ‘n voertuig met ‘n GP-registrasie sien aankom, is ek sommer nóg meer waaksaam as gewoonlik en hou ek hulle goed dop om te sien wat hulle volgende “move” gaan wees of ek gee maar sommer solank pad (ja, in die noodbaan in).

Beide die taxi-operateurs en “Gangsters Paradisers” met hulle groot SUV’s/Mercs/ BMW’s dink mos die Wes-Kaapse paaie behoort tydens vakansietye aan hulle want “hulle bring die geld in die provinsie” in.

Hulle neem nie die gewone man wat nog moet werk en gewoonweg oppad werk toe/huis toe is in ag nie. Hulle jaag teen lig-verblindende spoed by jou verby, dikwels selfoon in die hand, op dubbele sperstrepe, téén aankomende verkeer in. “To hell and all” met ander padgebruikers of voetgangers (wat in elk geval óók nie op ‘n nasionale pad hoort nie).

Net in die afgelope twee weke is daar 18 mense dood en vele meer beseer in ongelukke tussen Touwsrivier en Worcester. En in twee van die noodlottige ongelukke was taxi’s betrokke. Dit sê iets.

Kapenaar ·

Weereens ‘n Taxi, hoeveel onskuldige mense is reeds die vakansie in Taxi’s dood? Dit sal interresant wees om aan die einde van Desember tyd, ‘n opname te sien van hoeveel mense in Taxi’s omgekom het.

Karolis ·

Taxi bestuurders probeer om ekstra ritte te doen en is ten tye van die ongelukke vrekmoeg. Beweer dan meesal dat bokke oor die pad gehardloop het of aankomende voertuie het oor die sperstrepe beweeg.
Dit is van Wes Kaap na Oos Kaap (Transkei) die geval.

Stag ·

Taxi baase gee gewoontlik hul taxis vir die drywers voor kersfeers om vir hulself te gebruik om bonuses te verkry. Dis hoekom daai drywers op en jaag Oos Kaap toe vir die ekstra gold. Net oor held.

Sandra ·

Verban taxi’s die paaie gedurende die vakansies. Kyk of dit verskil Sal maak.

Johan ·

Oplossings : 1: Verhoog die spoedgrens, 2: Tronkstraf vir mense wat sperstrepe verontagsaam, 3: Verbeter Transnet sodat dit goedkoper en meer betroubaar is om goedere per trein te stuur. 4: Dwing n volgafstand van 5 Sekondes af met behulp van kameras en gemeenskapsdiens. Dit sal defenitief werk in my opinie.

PJN ·

Ek bly in die hoofstad van Limpopo en glo my die pad van die dood is die N1 tussen hier en Gauteng. Voertuie sit in die regterbaan op die snelweg teen 80km/h en stuur boodskappe en praat op hul selfone en weier net om oor te gaan in die stadige baan. Dan kry jy die voertuie wat teen 160km jaag en verbygaan oor sperstrepe in die aankommende verkeer in. Kry jy die verkeersowerheid met spoedkameras langs die pad dan flits die voertuie ligte om mekaar te waarsku. Al wat sal help is ‘n tipe”tracker systeem” wat hulle in voertuie moet installeer wat jou spoed monitor in die verskillende spoedzones. Selfone, spoed , moegheid, ‘n gebrek aan konsentrasievermoëe, onpadwaardige voertuie, die gebruik van alkohol en die ongeduld van motoriste is die grootse oorsaak van die gru-ongelukke op ons land se paaie.

frenchpeteers ·

Ek onthou toe ek jonger was as jy op verkeerde plek in die dorp gestop het, nie 2 minute nie dan was daar ‘n sirene en ‘n verkeers beampte het langs jou gestop (meestal op ‘n motorfiets) en hy het vir jou gewys om aan te beweeg. Die mense was orals sigbaar en het absoluut omgesien na die mense op die pad seveilgheid. Ek stem 100% saam met Johan hier bo. Die spoed grense van die paaie hoop die voertuie op, dit maak die mense ongeduldig en laat hulle kanse vat, ens. Ek stem heelhartig saam om die spoed dop te hou (as dit geregverdig toegedien is), en om mense onder die invloed af te keer, maar moenie net dit doen en jou oe toe hou vir die pad reels wat ander in gevaar stel en wees daar as hulle oortree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.