Dodetal van onwettige myners styg tot 10

mynDie liggame van nog twee vermoorde onwettige mynwerkers is in ʼn ongebruikte myn in Benoni in die Oos-Rand gevind.

“Die dodetal staan nou op 10. Een liggaam is Maandagaand opgespoor en ʼn tweede liggaam is Dinsdag opgespoor,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, gesê.

Die liggame van agt onwettige mynwerkers is oor die naweek by die myn opgespoor. Die persone is almal doodgeskiet en veiligheidswagte het verskeie koeëldoppies naby hul liggame gevind.

“Dit is ʼn ou myn en nie meer in gebruik nie,” het Dlamini bygevoeg. “Die myn se naam word nie aangedui nie en ons weet nie wat die myn voorheen genoem is nie.” The Star het Dinsdag berig die liggame is by die Modder East-myn, tussen die N12 en New Modderweg, aangetref.

Die vermoede bestaan dat die moorde bendeverwant is, maar die polisie wou dit egter nie bevestig nie.

Dlamini het gesê die polisie volg alle leidrade op en die saak word verder ondersoek. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.