Doeane-beamptes onderskep R6,7 miljoen

Die geld wat gevind is. Foto: Verskaf

Doeane-beamptes het vandeesweek onverklaarde buitelandse valuta ter waarde van nagenoeg R6,7 miljoen by die OR Tambo-lughawe onderskep voor dit die land uit is.

Sicelo Mkosi, waarnemende woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Sondag gesê doeane-beamptes het Donderdag twee passasiers wat op pad was na Dubai voorgekeer voor hulle aan boord hul vlug sou gaan het.

“Bruin koeverte met Amerikaanse dollar is tydens inspeksie in bruin koeverte in hul bagasie gevind. Die totaal van die verskillende note was $568 480,” het Mkosi gesê.

Die beamptes het op die geld beslag gelê en die passasiers na die lughawe se polisie geneem om ʼn kriminele klag van die versuim om geld te verklaar en smokkelary aanhangig te maak.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

zoom zoom ·

Drieks het jy bewyse daarvoor of is jy ‘n siener en dinker???

Drieks ·

Ek wens hul wil my ook huur, ek belowe ek sal met julle ook deel…..

Andre ·

Laat my dink aan een van ons ryk Suid Afrikaners wat ook Britse pond (675,000) is sy handbagasie gehad het op ‘n vlug in Europa in 2012. Dit was gelykstaande aan $1m destyds. Aangevoer in die hof dat dit is geld van ‘n diamant transaksie is en dit oorsee gehou was oor SA se valuta beheer regulasies. Eish!!

Alida ·

Mens het nie baie grysstof nodig om te weet van wie en aan wie die geld gaan nie.

Veritas ·

Die koeriers was óf nie baie slim nie óf die omgekoopte doeane beamptes was nie op diens nie. Dit is mos algemene kennis dat bagasie na Dubai, verdag is en spesiale aandag kry. Die staat soek geld en hierdie vondse sal sekerlik aan die staat verbeurd verklaar word.

ne ·

Benoude katte maak benoude spronge! Zuptas, Zuptas en nog Zuptas geld. Maak gereed vir ‘n lekker oudag…. Pasop die oudag is dalk weereens in die tronk.

Jacques Venter ·

Nee Jan
Nie net Zuma nie, maar n groot klomp skelms.
Dit verbaas my dat al die ANCpolitici ” op eie koste” in Dubai gaan vakansie hou. Dit water moet besonder lekker wees

Niklaas ·

Die vraag ontstaan nou….waar gaan hierdie fortuin as bewysstukke geberg gaan word en in wie se sakke dit nou gaan beland. Want dit sal sekerlik nou net verdwyn en dan word die koppe net gekrap en almal wonder oor hierdie merkwaardige gebeure , maar iemand gaan munt slaan hieruit glo ek.

Help 'n biekie ·

Dis nie eintlik baie geld in dollar nie is dit? Ag ou ZOOM ZOOM almal spekuleer maar .. het jy die feite? Dalk kan jy dit met ons deel.

Alida ·

Ons sal nooit weer van die geld hoor of waar dit gestoor word nie. Dieselfde geld met die wapens waarop hulle kwansuis beslaglê. Mens sien of hoor nooit waar en wanneer dit vernietig word nie. Dit is ‘n grap!!!

poplap ·

Ek sal maar kan doen met so ‘n bruin koevertje… Sal my lank besig hou… HAHAH!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.