Doeane-beamptes vas oor kokaïen

Argieffoto

Argieffoto

Twee doeane-beamptes by die OR Tambo Internasionale Lughawe is in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om miljoene rande se kokaïen uit die lughawe te smokkel.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê Jack Ntswane (35) en Samuel Nale (29) het na bewering ʼn onbegeleide tas wat op ʼn vlug van Brasilië op die lughawe aangekom het ingewag en by die uitgangshek van die internasionale aankomssaal gaan neersit.

“Lede van die Valke se georganiseerde misdaadeenheid het die verdagtes dopgehou en hulle voorgekeer toe hulle na die uitgangshek op pad was,” het Mulamu gesê. “Die Valke-beamptes het die sak oopgemaak en deursoek en ongeveer 6 kg kokaïen ter waarde van ongeveer R2 miljoen gevind wat in klere toegedraai was.”

Mulamu het gesê Ntswane en Nale het Dinsdag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel, korrupsie en dwarsboming van die gereg. Die saak is tot 18 November uitgestel wanneer die twee om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

CHRISTA ·

Ek wonder wat anders het nog op hierdie wyse “deurgeglip”. G’n wonder ons het deesdae meer dwelms in ons land as minerale nie!! (Dit voel so, want elke dag hoor ons meer en meer dwelms word ingesmokkel!!)

Simon ·

As Zuma met ongeregtighede kan wegkom is dit seker nie vergesog dat ander amptenare dit ook sal probeer doen nie.

Kobus_H ·

Hulle het seker baie gehou van die reeks NARCOS…. toe probeer hulle ‘n plan maak vir ekstra PLATA.

varkie ·

Ek kan julle stories van ons einste deoane vertel wat jul hare sal laat rys

Oom Kalahari ·

varkie……ek stem heelhartig saam jou, daar het baie dinge aangegaan in my tyd wat ek waargeneem het met die doeane beamptes en glo dit is seker net erger vandag. Goeie waarneming en opvolg werk deur die Valke beamptes. Jul verdien ‘n klop op die skouer, maar moenie verslap nie, jul gaan nog baie dinge hokslaan met smokkelaars en beamptes in samewerking.

Lance ·

Almal dieselfde ….vrot appels oral ….dis maar die wat wel gevang was …res kom almal weg ….pateties !

marianna ·

As julle die boek “to catch a cop” lees dan sal julle monde oophang wat alles op OR Thambo
lughawe gebeur.

ria ·

Ek hoop net nie hulle kry borg nie wans sodra hulle borg kry gaan hulle dit weer en weer doen Mooi Valke vat hulle vas !!!

GES ·

As doeana-amptenare nie eens meer vertrou kan word nie, wat is hulle funksie? Hoe lank gaan die Falke nog hulle integriteit behou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.