Twee doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en ʼn polisiebeampte is Vrydag by die Skilpadshek‑grenspos in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle voorgegee het dat Suid-Afrika as tussenganger sou gebruik word vir vragte brandstof wat kamtig vir uitvoere toegewys was maar in der waarheid op die swartmark in Suid-Afrika verkoop is.
Sicelo Mkosi, woordvoerder van die SAID, het gesê dié twee staan tereg op aanklagte ingevolge die doeane- en aksynswet asook korrupsie.
“In Augustus vanjaar is Patrick Moeng, hoof van doeane‑ondersoeke, in kennis gestel dat ʼn beampte van die polisie doeanebeamptes by Skilpadshek‑grenspos genader het om uitvoerdokumente vir brandstof wat glo met ʼn tenkwa uitgevoer gaan word, te verwerk,” het Mkosi gesê.
Mkosi verduidelik dat dié drie voorgegee het dat die brandstof vanaf Botswana slegs deur Suid-Afrika sou beweeg en dan uitgevoer sou word, maar ondersoek het aangedui dat geen brandstof uitgevoer is nie en geen tenkwa oor die grens is nie. Die Valke en die polisie is betrek en dit het tot die drie inhegtenisnemings Vrydag gelei.
Volgens Mkosi is 16 vragte brandstof wat onwettig vir uitvoer verwerk is, sover geïdentifiseer. “Die drie het gekonkel om die brandstof te laat merk as uitvoerbrandstof maar dit is in der waarheid op Suid-Afrika se swartmark verkoop en het nooit die land verlaat nie.”
Die geraamde waarde wat die SAID potensieel sou verloor as gevolg van die korrupte aktiwiteit is sowat R3 360 717,03 in terme van invoerbelasting wat hulle sou gehef het as hulle bewus was dat die brandstof in Suid-Afrika sou bly.
Die drie sal Maandag in die Lehurutshe‑landdroshof verskyn.
Hierdie mense se verstandelike vermoe oortref die gemiddele mens sn by verre. Net jammer hulle gebruik heel verkeerd.
Nou Wonder ekke…
Gaan die Lid ook n laaste skriftelike waarskuwing kry….LOL
As ons brandstof in SA nie so buitensporig is nie, sal die “besigheid geleentheid” nie bestaan nie.
Branstof raak ge duur ons raak arem Kan die ANC nie help nie aseblief
Waar in SA word brandstof op die swartmark verkoop? Of koop vulstasies dit?
Dit is net soos die transito rooftogte. Gemerkte geld bly in die gemeenskap. So ook hierdie. Word in woongebiede verkoop waar niemand vrae vra nie
Nie ‘n sleg wins wat regering maak op brandstof nie. Veral nie as Suid Afrika se brandstof in die buurland gekoop kan word en weer teen ‘n wins in SA herverkoop kan word nie!
Waar word dit verkoop, wonder ek ook?
‘Geraamde waarde’ is bereken tot die naaste sent . . .