Doeanebeamptes wys groot omkoopbedrag van die hand

Argieffoto

Drie doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het omkoopgeld van byna R400 000 van die hand gewys nadat hulle die passasier by OR Tambo Internasionale Lughawe aangekeer het.

Volgens die SAID was die passasier Dinsdag op pad na Doebai toe hy deur die risiko-eenheid ondervra is. Die passasier het nie enige bagasie ingeboek nie en het slegs ʼn swaar rugsak by hom gehad.

“Op pad na die doeane se deursoek-gebied het hy die twee doeanebeamptes herhaaldelik bondels kontant aangebied sodat hulle hom met sy rugsak moet laat gaan. Albei het die aanbod van die hand gewys,” het die SAID Vrydag in ʼn verklaring gesê.

ʼn Doeanebestuurder het hierna by hulle aangesluit in die vertrek waar die onderhoude gehou word en die passasier het weer omkoopgeld aangebied om sy vrylating te verseker. “Die aanbod is tot $30 000 (ongeveer R394 000) verhoog, maar die beamptes het dit telkens van die hand gewys.”

Die hele voorval, insluitend sy rugsak wat deursoek is en waarin $334 895 (meer as R4,4 miljoen) gevind is, is op kringtelevisiebeeldmateriaal opgeneem. ʼn Strafregtelike saak is by die polisie aanhangig gemaak, onder andere sy poging tot omkopery en dat hy versuim het om die inhoud van sy rugsak aan te meld. Hy bly in aanhouding.

Nog twee persone is Dinsdag by OR Tambo Internasionale Lughawe aangekeer wat kontant, wat nie verklaar is nie, by hulle gehad het. Die manlike passasier is na die deursoek-gebied geneem en drie van sy sakke is deursoek. Hy het Amerikaanse dollar en Pakistanse roepees ter waarde van meer as R600 000 in sy skootrekenaarsak gehad. Hy bly ook in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oom Piet, ·

Ai Koos, dink man dink! Vir ekstra geld sal ek my nie laat omkoop nie. Beamptes doen presies waarvoor hul aangestel en betaal word.

Koos de Meyer. ·

Mooi skoot, hulle moet sommer ‘n prestasie bonus kry. Dit gebeur nie elke dag nie. Dis goed om te sien daar is nog eerlike beamptes, hou so aan.

Wollie ·

Vir ons wat nie weet nie.. hoekom sal jy dit nie wil aanmeld nie, mag jy nie sulke bedrae rond dra nie of is dit omdat hulle nie belasting wil betaal nie of hoe..

Ouman ·

Mooi skoot. Nou hoop mens maar net dat die NVG hulle deel sal doen en sorg dat die mater lekker lank agter tralies sal sit. SARS spog gereeld hoeveel geld hulle by lughawens konfiskeer bv. R 90 miljoen in 2017/2018 tydperk maar mens hoor nooit wat die kriminele sake geword het nie. Die misdadigers word heelwaarskynlik net liggies gestraf. Dit is tyd dat iemand in die parlement bietjie vrae begin vra. So paar jaar terug is daar op een slag omtrent R 80 miljoen by OR Tambo gekonfiskeer by 3 of 4 persone wat oppad na Dubai was en na die groot gespog deur SARS in die pers het daar ‘n doodse stilte oor saak gedaal. Gerugte is dat die geld verbeurd verklaar is maar die kriminele het skotvry weggekom. Baie miljiene word die land uitgesmokkel veral na Dubai (Zuptas se wegkruip plek). Dit laat mens wonder wie se geld dit was. Wat gebeur met die geld wat verbeurd verklaar word?

Wilma ·

Dankie aan dai eerlike doeanebeamptes. Riem onder die hart dat daar jog eerlike mense is. Well Done mense

Daan ·

Maar lyk vir my die uitlanders word skatryk hie in die land, intussen sit duisende van die land se burgers in armoede en sonder werk, maar nog steeds word kaanse en voorreg vir besigheid ens nie aan die lands burgers toegestaan nie maar aan hierdie mense wat miljoene uit die land vat. Plus ek vermoed die geld wat so per geluk opgespoor raak, is maar net ‘n druppel in die emmer, miskien gaan drie of vier dubbel meer geld uit onopgespoor.

jaco ·

eks ook al Europa toe met net ‘n rugsak wat klein genoeg was om as handbagasie deur te gaan. Eks nie daaroor voorgekeer en ondervra nie.

Cherokee ·

En as iemand dik genoeg raak vir hierdie land en alle besittings verkoop om elders te gaan woon, wil die regering ‘n hap daaruit neem. As daardie geld werklik eerlik verdien is en aan hom behoort, kan dit dalk (net) belasting-ontduiking wees. Klink ek simpatiek daaroor? Natuurlik want die regering vat al die geld wat hulle kan kry. Jy betaal persoonlike belasting en met dit wat oorbly verkoopsbelasting, tolgeld, vermaaklikheidsbelasting ens.

Chantal ·

Sjoe, dis so skaars in ons land dat ‘n persoon die werk doen waarvoor hy betaal word dat dit die nuus haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.