Doelbewuste sabotasie by staatsgeboue, sê Nxesi

Thulasi Nxesi, die minister van openbare werke (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Daar is doelbewuste pogings om staatsgeboue deur brandstigting te saboteer, het Thulas Nxesi, minister van openbare werke, gesê.

Hy het Vrydag tydens ʼn perskonferensie saam met gesondheidminister Aaron Motsoaledi gesê daar was die afgelope week twee pogings om brandstigting by die Civitas-gebou, die nasionale hoofkantoor van die departement van gesondheid. Die mees onlangse geval was toe ʼn brand op die 14de verdieping gestig is. Daar was nog steeds persone in die gebou.

“Die brandalarm het afgegaan en personeellede kon die brand blus, anders sou dit moontlik tot sterfgevalle gelei het,” het hy gesê. “Dit is ʼn georkestreerde veldtog van kriminele optrede en moontlik sabotasie. Waar kontrakteurs herstelwerk aan lugversorgers gedoen het, het hulle teruggekom en gesien van die drade is geknip en die rooksensors is ontkoppel.”

Nxesi het gesê ʼn saak van brandstigting is by die polisie aangemeld.

Hy het bygevoeg daar word vermoed dat die voorval verbind word met die brand vandeesweek wat die lewens van drie brandbestryders geëis het by die provinsiale regeringskantoor in Johannesburg. Dié gebou het slegs ʼn 21%-nakomingsvlak gehad teen die norm van 85%.

Daar was berigte dat die Civitas-gebou oorbevolk is sonder enige lugversorging of vensters en ʼn dak wat lek. Volgens Nxesi is dié mediaberigte egter oordrewe. “Ons verwerp die sensasionele berigte wat aanvoer dat die departement van gesondheid se Civitas-gebou gevaarlik is, omdat die gebou nooit onbewoonbaar verklaar is deur instansies wat die gebou geassesseer het nie.”

Nxesi het egter toegegee dat die gebou swak bestuur is en dit het daartoe gelei dat die lugversorging nie gewerk het nie. Hy het gesê sy departement sal kwessies oor Civitas ondersoek.

Die staatsdiensamptenarevereniging sal volgende week die arbeidshof nader in ʼn poging om die gebou te sluit.

“Ons waardeer die hofsaak, sodat daar ʼn beslissing gemaak kan word of ons mense se lewens in gevaar gestel het,” het Motsoaledi bygevoeg.

ʼn Beampte van die departement van openbare werke het gesê ʼn verslag oor die nakomingstandaard van Civitas is nog nie beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Netso ·

Nou gan die blameer speletjie weer inskop! Daar was in Februarie vir julle gesê dat die geboue nie veilig is nie”21% nakomings vlak in plaas van 85%” O ja dis niks die slaagsyfer vir bevoegtheid op alle vlakke in SA is laer as dit? Vat verandwoordliheid mnr. Nexi die bloed van daai vuurvegters is aan julle hande!

IK ·

As ek reg onthou was hier in SA alreeds sabotasie van so vêr t’rug soos 1960. Dus is dit niks nuuts. Dalk het die ontvanger daarvan verander?

aj ·

Wie kan voordeel trek uit die afbrand van staatsgeboue?

Die kriminele wat staatsbates gestroop het wil die getuienis vernietig?

he…he…he… ?

Lana ·

Presies, aj, nou moet daar weer gemoor en gebrand word om die getuienis teen hulle te vernietig.

Swartwolf ·

Soos gewoonlik sal die cANCer weer iets anders blameer vir hulle totale onbevoegdheid en kanker bestuur. Het nou die dag iq and the wealth of nations op die internet gelees. Verstaan nou beter. Google dit gerus.

Johanna Botha ·

Nou maklik om dit te se ….DIEN IETS ! ! Die gebou voldoen slegs 25 % aan veiligheid standaarde wat JOU verantwoordelik is ….so iets gaan gebeur ! Nou is dit WEER agv iemand anders …..ASB begin om jimmels naam verantwoirdelikheid neem as is dit om selfs om jou tande te borsel !

Simon ·

En ek vra, waarom is wit mense so bevooroordeeld, waarom so krities?

Willem ·

Sy baas het die antwoord, vol beloftes, maar ek is bevrees hy val uit die bus, het nie ‘n idee hoe dinge werk nie. Hoe verlang ek nou terug na Zuma, as hy net nie daardie klagtes teen hom gehad het nie, die Guptas het ook nie gehelp nie. CR het soveel dinge in sy guns gehad, maar hy is net nie die man nie, baie teleurstellend. En Rassie kom ook nie die mas op nie. Dit het gisteraand hier gereën, maar ek het vergeet om vooraf 323 te gooi. Ai!

hendrik ·

Simon, omdat al wat ANC lid is te veel “spy” flieks kyk. Jy weet…. sabotasie, brandstigting , knip van drade ens.

Danie(2) ·

Ironies, dieselfde man (nar) wie Zuma se “fire pool” met alle moontlike denkbare leuns verdedig en verduidelik het en die wereld aan die lag gehad, het het nie eens die “basics” laat volg in geboue waar duisende mense werk. Voorwaar ‘n ware en yslike groot nar in die sirkus.

Sarel ·

Nou gaan hulle ook weer die sogenaamde derdemag ontwerp . Nxize, behoort te weet van saboteer want die onregmatig omgang met finansies is ook sabotasie. Finansieele sabotasie. Wonder hoeveel lewens nog weens onbevoegdheid verloor gaan word?

Ander Annie ·

Dit is absoluut nonsens Agbare Minister. Baie van doe Staatsgeboue is onveilig en voldoen nie aan die standaarde nie. Daar gebeur bitter min onderhoud. Ek stem, wie will nou regtig ‘n staatsgebou sabboteer? Nee wat Agbare Minister, as een Minister meer as R100,000 op eetgerei kan spandeer, dan kan ‘n mens mos net wonder. Ek dink Prestige (sit is die afdeling wat Ministers se amper staatshuise onderhou) se begroting verminder moet word, sodat onveilige staatsgeboue herstel kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.