Doen nou aansoek vir eerste Potchefstroom Kunstefees

Argieffoto.

Argieffoto.

Japie Gouws, woordvoerder van die groep van Aardklop-belanghebbendes en besturende direkteur van die ATKV, het Woensdagoggend gesê daar word volstoom gewerk aan die beplanning van Potchefstroom Kunstefees, en dat daar besluit is oor die struktuur vir die fees.

Die belanghebbendes het vroeër in Maart gesê die Aardklop-fees sal voortaan die Potchefstroom Kunstefees genoem word, en word voorlopig gehou van 4 tot 9 Oktober.

“Die proses is aan die gang om ʼn maatskappy sonder winsbejag te stig, waarin alle sake van die fees gehanteer sal word,” het Gouws gesê.

Die direksie sal ook binnekort aangestel word. “Daar word versoek dat benoemings uit Potchefstroom om op die direksie of op die direksiekomitees te dien, nou ingedien word. Kundighede wat benodig word is onder meer finansies, kunste, gemeenskapsbetrokkenheid, regskundigheid en bemarking.”

Persone wat belangstel om dié rolle te vervul, moet skriftelike benoemings met kort CV’s van die benoemdes, met volledige kontakbesonderhede per e-pos stuur na [email protected]. Die sluitingsdatum is 27 Mei 2016.

Aansoeke vir stalletjies op die feesterrein op die Bult, is ook oop en kan nou per e-pos gestuur word na [email protected]. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 24 Junie 2016.

“Daar word tans hard gewerk om die feeskantoor reg te kry. Die nuwe feeskantoor gaan by Molenstraat 69, Potchefstroom, wees,” het hy gesê.

Die Aardklop-belanghebbendes bestaan uit verteenwoordigers van die Potchefstroom Sakekamer, die Potchefstroom Stadsraad, gemeenskapsleiers uit Potchefstroom, die Noordwes-Universiteit, stigtersborge sowel as ander borge en medewerkers van Aardklop Kunstefees.

Die bestuur is ook steeds in gesprek oor die gebruik van die naam Aardklop. Intussen gaan die reëlings egter volstoom voort onder die naam Potchefstroom Kunstefees. Aankondigings oor die feesbestuur sal binnekort gemaak word.

Lees alle berigte oor die Potchefstroom Kunstefees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Xa ·

Ek sou graag wou weet wat sit agter die ware rede dat die oorspronklike aardklop net so skielik wou sluit. Iets wat ek nie van weet nie sit agter dit dink ek.

DMC de Koker ·

My vraag is gaan hierdie ‘n ware kunstefees wees of nog ‘n drinkfees soos Aardklop was, met die skyn dat dit ‘n kunstefees was.

Ek is van Potch en ek deel geensins die entoesiasme oor hierdie storie nie.

Takkie Takuuza ·

Moet asseblief nie transformasie vergeet nie. Julle het mos nou reeds weg gedoen met Afrikaanse kunstenaars wat dalk nie so “vry” denkend is soos wat dit julle en die regering begaag nie. Wat van die Liberale Afrikaner fees? LAF for short.

Kabousie ·

Ek was self n baie gereelde ondersteuner van Aardklop totdat dit na die nuwe terein verskuif is, en dit bloot net belaglik duur geword het. Ek is baie bly om te hoor dit gaan weer op die bult plaasvind. En vir die wat kla oor die drinkery: moenie so verkramp wees nie, sien die groter prentjie raak en wees bly daar word ten minste nog n poging aangewend om die AFRIKAANSE kuns en kultuur te bevorder.

EMK ·

Maak vir ons net duidelik – gaan dit op die Bult soos ind ie ou dae plaasvind of is dit die feesterrein soos dit laaste paar jaar was en dus geen atmosfeer in die stad soos in die ou dae. Presies waar gaan die fees wees?

Michiel ·

Ek wonder net of hulle nou nei aan ‘n interessanter en oorspronkliker naam kon dink het nie. Hoop nie dis ‘n aanduiding van hoe die fees gaan wees nie…

Megan ·

Ek wil graag weet of daar iemand is wat vir my kan se waar om die aansoek vorm af te laai om n stalletjie te bedryf op die feesterrein? Enige terugvoer sal waardeur word. Baie dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Megan

Lees gerus die artikel vir volledige besonderhede:
“Aansoeke vir stalletjies op die feesterrein op die Bult, is ook oop en kan nou per e-pos gestuur word na [email protected]. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 24 Junie 2016.”

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.