Doepa in drankie, Wits-student glo verkrag

Argieffoto (Foto: Aline Ponce/Pixabay)

ʼn 21-jarige student van die Universiteit van die Witwatersrand is glo Sondag verkrag toe sy ʼn partytjie bygewoon en haar glas wyn gedokter is.

Volgens die polisie het die student ʼn partytjie by ʼn woonstel in Johannesburg se middestad bygewoon. Sy het ʼn enkele glas wyn gedrink, maar die volgende oggend sonder haar onderklere wakker geword.

“Die verdagte het vir haar ʼn glas wyn aangebied. Sy het die hele nag lank geslaap en vanoggend omstreeks 04:30 wakker geword,” het kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die student, wie se drankie moontlik gedokter is, het gesê sy het ʼn taxi ontbied voor sy besef het haar onderklere is verwyder terwyl sy geslaap het. “Sy het teruggegaan na die kamer, die verdagte daaroor gekonfronteer en die sekuriteit in die gebou in kennis gestel,” het Mbele verduidelik. Die saak is by die polisie aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem.

Die polisie se ondersoek duur voort. Die man sal vandeesweek in die hof verskyn.

Buhle Zuma, woordvoerder van Wits, het Maandagmiddag gesê die dekaan het nog nie enige inligting ontvang dat ʼn student verkrag is nie. Die universiteit het egter kampussekuriteit gekontak om met die SAPD in verbinding te tree. Sy het gesê die dekaan stel ook verder ondersoek in. ʼn Berader van die universiteit is op bystand indien nodig.

Die polisie maan vroue om paraat te wees wanneer hulle vreemdelinge ontmoet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Flikkers ·

Ook maar lekker dom studente wat nou nog drankies kry en drink en hoop dis nie gedokter nie!

CFS ·

@Flikkers.Gaan jy as jou gasheer vir jou op ñ party ñ glas wyn aanbied dit wyer omdat dit moontlik gedokter is,of wat.As jy by my kom braai en ek bied jou ñ drankie aan en jy wil eers seker maak of dit nie moontlik gedokter is nie hoef jy nie weer te kom nie.Wonder of dit nie ñ geval is van as jy agter die deur staan jy ander ook daar soek nie.

Maljan ·

Wat het die verkragting met die universiteit te doen? Die vrou was by n partytjie in die middestad waar die verkragting na bewering gebeur het. Soek die dekaan nou n ekskusie om die student uit te betaal? Dit wil voorkom asof net sy en die verdagte teenwoordig was. Hoekom het sy gebly?

se maar net ·

jy nie gelees, syt heel nag geslaap, res seker huis toe gegaan en haar daar vergeet

Liendempers ·

@CFS, as dit n klomp mense bymekaar is, met vreemde mense tussendeur, dan gaan ek die drankie weier. Al ken ek jou goedgenoeg, as jy nie daai dop heeltyd onder oë het nie, val daar sommer by huispartytjies ook goed in die drankies. Maar ek wonder nou net, het sy die taxi vanuit die woonstel ontbied? Of van die straat? Ek wonder nou net hoe besef mens nie met die opstaanslag dat jou onderklere missing is nie? Of kon sy moontlik nog bedwelm gewees het? Miskien is daar n opvolg berig wat meer detail gee.

Karolis ·

Verseker nie ‘n ware ordentlike man nie.
Ons doen dit nie, ook nie so nie.

Eleni M ·

Rins, moenie die meisie blameer vir wat die man gedoen het nie!

Bekommerd ·

Die jongmense speel met vuur. Daai gedeelte van die stad is afgesonderd en kampusse stil op Sondae. Sommige studente vergeet waarvoor hulle eintlik op universiteit is en wil net party, maar geen verantwoordelikheid neem vir hul eie welstand nie.

Moedeloos ·

Regtig Rins! Dit was nie haar skuld nie en wat maak dit saak watter dag dit was. Maroela hou asb op met julle “geglo”. Dit het gebeur of dit het nie

Hannetjie ·

Drank bly maar die pes!!Kies ook jou pelle saam met wie jy wil kuier

Dries Moolman ·

Nou gaan WITS weer tot stilstand kom want daar gaan proteste wees. Asof die universiteit iets kon doen om die voorval te keer.

Attie. ·

As my dogter van 19 jaar ‘n patytjie in Johannesburg wil bywoon en dit nog boonop op ‘n Saterdagaand tot Sondag, dan kry sy ‘n afgedankste loesing net daar. Gooi die saak uit die hof….sy het gevra om verkrag te word.

Maputo ·

Niemand vra om verkrag te word nie Mnr – ‘gooi die saak uit die hof’, dat die verkragter net weer kan verkrag? Jou denke en redenasie spreek boekdele, ek kry jou 19 jarige dogter baie jammer.

Hanlie ·

Spyker op die kop geslaan Dries, ek sien al die plakkate. Dit het niks met die universiteit te doen wat jy na ure met jou tyd doen nie.

Erika ·

Dit vat n sekere soort man om n Vrou se drankie te saboteer en dan situasie uit te buit en haar dan te verkrag waneer sy deur die slaap is
Oor Algemeen dink ek mens moet Wys optree en jou verstand reg gebruik en verantwoordelik wees -daar is ongelukkig mense wat selfsugtig is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.