Dogter en man vas oor Oranjeville-moorde

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Egpaar, wat van die moord op twee mense in Oranjeville in die Vrystaat verdink word, is Donderdagaand deur lede van die honde-eenheid en blitspatrollie in Gqeberha (Port Elizabeth) in hegtenis geneem.

Die polisie in Oranjeville het Donderdag omstreeks 18:15 op die liggame van twee mense afgekom wat vermoor is by ʼn huis in Markstraat. Die liggaam van Johannes van Vuuren (80) is in die binnehof gevind met verskeie meswonde. Dorothia van Staden (58) is dood aangetref in die motorhuis. Sy het verskeie kop- en liggaamlike beserings opgedoen, het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. Die huis is geplunder en verskeie huishoudelike items insluitend televisiestelle en ʼn rekenaar word vermis.

“Toe mev. Van Staden se man tevergeefs probeer het om sy vrou te kontak, is ʼn familielid gevra om ondersoek te gaan instel by die huis en dit is toe dat die gruvonds gemaak is.”

Die man se stiefdogter, haar man en hul 10-jarige dogter, wat in dieselfde huis woon, het spoorloos verdwyn. ʼn Kennisgewing is uitgestuur oor hul motor, ʼn goudkleurige BMW.

“Lede van die Gqeberha-honde-eenheid en blitspatrollie het Donderdagaand omstreeks 21:00 inligting ontvang dat die motor in die rigting van Gqeberha ry. Die motor, ʼn BMW-3-reeks, is op die N2 naby Coega opgemerk. Beamptes het dit agternagesit en die bestuurder het stilgehou.”

Twee mense, ʼn 36-jarige vrou en haar 34-jarige man is in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op twee aanklagte van moord en huisroof. Hul 10-jarige dogter is na ʼn plek van veiligheid geneem. Beamptes het die motor geskut vir verdere ondersoek.

Die egpaar was na bewering op pad na Kariega (Uitenhage).

Hulle sal na verwagting Maandag in die Heilbron-landdroshof in die Vrystaat verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Jip. Net soos die vrou in Nieu Zeeland wat nou almal se simpatie het.

Casper ·

Ek is seker dom maar waar was mev.Van Staden se man gewees Wie is die Johannes Van Vuur en wat saam met haar vermoor is?Die man se stiefdogter.Is die man waarvan gepraat word mev Van Staden se man.

Vicky ·

Dit is Mev van Staden se Pa wat ook vermoor is. Mnr. Van Staden was haar man. In ander woorde “sy stiefel skoonpa”.

Johanna ·

Nee jy lees verkeerd. Die 80 jr man.was moontlik v Staden vrou se pa of iemand. Want van Staden vrou se man kon haar nie in die hande kry op die foon nie. Hy het iemand gevra om te gaan kyk. Siek wereld

Yvonne ·

Tragies……hoe leef n mens met jou gewete saam….die wereld as absoluut boos verby

Retha ·

Slegs as jy gewetenloos is. Geval wat deesdae alombekend geraak het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.