Dogter en vriende vas oor moord op egpaar

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 33-jarige vrou en haar vriende is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn egpaar wie se verkoolde liggame naby ʼn kleinhoewe in Kroonstad in die Vrystaat gevind is.

Brig. Motantsi Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Dinsdag inligting ontvang dat die liggame van twee persone naby Lovedale-kleinhoewe gevind is. “Polisiebeamptes het reageer en die egpaar se liggame aangetref. Hulle het steekwonde gehad.”

Verskeie polisie-eenhede het by die ondersoek aangesluit en dit het beamptes gelei tot die oorledenes se huis in Constantiapark, waar bloedvlekke ook gevind is.

“Die 33-jarige vrou (die egpaar se dogter) is saam met drie ander persone, tussen 16 en 29 jaar oud, in hegtenis geneem. ʼn Verdere ondersoek het polisiebeamptes na Vereeniging en Zamdela Sasolburg gelei waar ʼn 31-jarige verdagte, wat laas vermoedelik in besit was van die oorledenes se silwerkleurige Corsa-bakkie, aangekeer en in hegtenis geneem is. Beamptes is nog op soek na die voertuig,” het Makhele bygevoeg.

Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. “Die vyf verdagtes is steeds in polisieaanhouding. Hulle staan tereg op twee aanklagte van moord. Hulle sal binnekort in die hof in Kroonstad verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gerhard

Doodstraf is te lig

Cherokee

‘… verkoolde liggame’ maar hulle het steekwonde gehad. Interessant dat dit opgespoor kon word.

lh

Dalk die huishulp en trawante . . .