Dogter gevonnis vir moord op ma

Rosemary Theron

Rosemary Theron

ʼn Tienermeisie wat haar kêrel gehelp het om haar ma te vermoor is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis in die Wes-Kaapse hooggeregshof, berig Beeld.

Regter Robert Henney het Phoenix Racing Cloud Theron (19) se pleitooreenkoms met die staat aanvaar en haar tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Theron het erken dat sy haar kêrel, Kyle Maspero, gehelp het om haar ma, Rosemary (39), met ʼn tou te verwurg op 7 Maart verlede jaar. Rosemary se ontbinde liggaam is eers in September in ʼn vlak graf gevind.

Theron het ter strafversagting aan die hof gesê dat sy die eerste drie jaar van haar lewe saam met haar ouers deur Suid-Afrika gereis het. Hulle het marionette verkoop, hippie-byeenkomste bygewoon en dwelms misbruik.

Phoenix was vyf jaar oud toe haar ma Amerika toe is en haar agtergelaat het. Rosemary het ʼn paar jaar later swanger teruggekeer en as hanswors en vuurdanser by partytjies opgetree.

Theron is glo van sesjarige ouderdom deur ʼn vriend van haar pa en haar ouma se kêrel seksueel aangerand. Sy moes glo by tye kos steel aangesien haar ma dikwels nie voorsien het nie. Theron was in verskeie laerskole en het later tuisonderrig ontvang. Sy het ʼn week voor die moord ʼn aborsie gehad en het aan depressie gelei. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius Durandr ·

In Spreuke staan daar, daar is n weg wat vir die mens reg lyk, maar die uiteinde is die wee van die dood. Hoeveel mense word nie vasgevang in die web van wat hy glo reg en waar is nie.

Paul Smith ·

Marius, in Psalm 73 sê God dat Hy ouens soos hierdie op gladde plekke laat loop en hulle uiteinde is iets afgrysliks. Ons moet vir hulle sê dat God van Hom nie ‘n bespotting laat maak nie, hulle sal rekenskap gee.

Karin ·

Ek lees die berig en kan wil net huil omdat dit so tragies is. Moord kan nie regverdig word nie, maar die gevoel dat dit al uitkoms was, kon verhoed word. Al vraag wat ek het is waar was die gemeenskap wat moes gesien het hoe kinders verwaarloos word. Of het hulle ook, soos meeste mense vandag, net weg gekyk en gese dat dit nie jou plek is om betrokke te raak nie? In my oe is dit die grootste sonde wat gepleeg was in die storie, want dit kon die verskil in daardie meisie se lewe gewees het, iemand wat omgee soos God ‘n gemeenskap bedoel het om te wees.

huisvrou ·

“Sy het ‘n week voor die moord ‘n aborsie gehad”

Van een moord na die volgende, maar aan die eerste moord word sy nie skuldig bevind nie. Oor die tweede moord word hofsaak gehou, maar die eerste word sito-sito aanvaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.