Dogter kom op ma se lyk af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn bejaarde vrou van Vanderbijlpark is Maandagoggend deur haar dogter in haar huis aangetref.

Lt. Teboho Lephoto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 79-jarige vrou se liggaam is op haar bed aangetref. Sy is vermoedelik verwurg.

“Die dogter het haar ma Vrydag gesien toe sy vir haar kos gevat het. Oor die naweek het sy met haar ma in verbinding probeer tree, maar kon haar nie in die hande kry nie,” het Lephoto gesê. “Sy is Maandagoggend na haar ma se huis toe, maar die huis was gesluit. Sy kon egter haar ma deur die venster bewegingloos op die bed sien lê.”

Die dogter het die polisie gebel en met hul aankoms het hulle die deur oopgebreek en op die vrou se liggaam afgekom. “In hierdie stadium is dit nie duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie. Ons wag nog vir die familie om eers die huis te deursoek voordat ons kan bepaal of iets vermis word,” het Lephoto gesê. “Dit kom voor asof die verdagtes deur ʼn venster toegang tot die huis verkry het.”

Lephoto het gesê van die vrou se bure het beweer hulle het haar nog Saterdag lewend gesien, maar dit is nie duidelik wanneer die moord gepleeg is nie. “’n Nadoodse ondersoek sal moontlik die tyd van die oorledene se dood bepaal,” het hy gesê.

Die naam van die vrou kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien al haar naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Liewe Heksie ·

My Ma bly in die Kaap en ek in Pretoria en wragtag as sy nie haar foon met my derde poging antwoord nie sal ek dadelik my sister kontak en sy sal gaan kyk wat aangaan Ek se maar net

alida ·

Siestog wat het die tannie tog gedoen om dit te verdien. Ek ruik nietemin ‘n rot !!!!

Andrea van Vuren ·

Kinders wie se bejaarde ouer(s) alleen bly moet in besit wees van’n sleutel om in te kom. Dit geld ook vir die bure. Ek gaan ná hierdie berig vandag nog sleutels vir my kinders laat maak.

m ·

Ai so onnodig. Was daar dalk bediende of tuinhulp? Gewoontlik praat hulle maar uit en so weet die misdadigers dat bejaarde alleen bly in die huis.

Cilliers ·

Wat kon sy tog nou enigiemand aangedoen het om sá verniel te word? Ons bejaardes moet deesdae dubbel so wakker wees en ook nie almal vertrou wat by jou huis aankom, kom werk soek of kom kos vra nie. My opregte meegevoel met haar naasbestaandes, en mag die vreksels wat verantwoordelik was vir haar dood, die kromme note haal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.