Dogter loof beloning uit ná aanval op ouers in Namibië

Willem Burger ná die aanval. Foto: Verskaf

Willem Burger ná die aanval. Foto: Verskaf

Hannelie de Lange het ʼn beloning van N$20 000 (R20 000) uitgeloof nadat haar pa en sy vrou erg aangeval is in hul huis in Lüderitz, Namibië.

De Lange, wat ook in Lüderitz woon en saam met haar pa die OK Grocer besit, het aan Maroela Media gesê dit was haar pa, Willem Burger (70), se beurt om Vrydagoggend die winkel oop te sluit. Volgens De Lange is haar pa aangeval toe hy omstreeks 05:15 sy huis se motordeur oopgemaak het. “Twee mans het ingestorm en my pa met kieries begin slaan tot hy bewusteloos was.”

Burger het weer sy bewussyn herwin waarna hy vir sy vrou, Alta (70), wat bo in die huis was, geskree het om die rewolwer te kry. Een van die aanvallers was egter reeds bo by Alta en besig om haar ook met ʼn kierie aan te rand. “Hulle het my pa en tannie Alta deur die huis gesleep en tannie Alta moes beddegoed en ander huisgoedere vir hulle in sakke pak. Hulle het vir my pa gesê om die kluis oop te sluit, maar hy het nie sy bril opgehad nie en dus gesukkel. Hulle het ook gedreig om tannie Alta te verkrag.”

Hannelie de Lange

Hannelie de Lange

Volgens De Lange het die aanvallers Alta met ʼn plastieksak op haar kop gebrand om Burger te dwing om die kluis oop te sluit. Burger kon later daarin slaag om die kluis oop te sluit en die mans het vuurwapens en kontant gevat. Burger en sy vrou is in die badkamer vasgebind. Alta kon daarin slaag om haar los te wikkel waarna sy Burger losgemaak het en na vriende se huis gehardloop het om die polisie te ontbied.

De Lange het gesê haar pa het erge hoofbeserings opgedoen en dat sy arm steeds geswel is soos hy probeer keer het toe hulle hom met die kieries geslaan het. Alta moet intussen ʼn spesialis spreek nadat haar kakebeen vermoedelik in die aanval gekraak of gebreek is. Albei het ook kneusplekke en ander beserings oor die lyf opgedoen.

Alta Burger ná die aanval. Foto: Verskaf

Alta Burger ná die aanval. Foto: Verskaf

Volgens De Lange is die twee mans wat haar pa en sy vrou aangeval het, dieselfde twee mans wat die egpaar sowat drie maande terug ook probeer aanval het. De Lange het gesê haar pa en sy vrou het die spesifieke aand by die huis gekom. Alta was bo-op die stoep toe sy twee mans met balaklawas aan in die erf gesien het. Alta het geskree en die mans het gevlug. “Sy het vir hulle geskree: ‘Ons gaan julle vrek maak!’ Die twee mans wat hulle Vrydag aangeval het, het tydens die aanval vir my pa en tannie Alta gesê: ‘Julle het mos gesê julle gaan ons vrek maak, nou wys ons julle hoe maak ons julle vrek!’”

De Lange het gesê die polisie het reeds twee van die vuurwapens wat gesteel is, teruggekry. Sy het gesê sy is seker die polisie sal die mans wat haar pa en sy vrou aangeval het, vastrek. “Lüderitz is oor die algemeen ʼn baie rustige dorp. Die gemeenskap staan almal saam.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan ʼn e-pos stuur aan De Lange by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Dave ·

Berigopsteller, waarom praat jy sonder enige respek van haar as ‘De Lange’ en nie soos sy verdien bloot ‘Hannelie’ nie? Die karakters is presies ewe veel (8) so jy het net soveel tikwerk. Lees jou eie berig nou weer maar vervang De Lange met Hannelie en sien hoeveel vriendeliker dit lees. Jy hoef nie die res van die mediaskrywers se gewoontes en standaarde slaafs na te volg nie. Inteendeel, jy kan nuwe standaarde tot gevolg hê. Glo my, dit irriteer nie net vir my.

JohannC ·

Dave, ek stem 100% saam met jou, maar in die skrywer se verweer, in joernalistiek work artikel skrywers geleer om so neutraal as moontlik te wees. Deel daarvan is om nie voorname te gebruik nie, want dit raak te persoonlik (volgens die boek).

Dave ·

Ek hoor wat jy sê wanneer jy sê dat jy 100% met my saamstem Johann, maar waarom dan as neutraliteit hul verweer sou wees, is dit nie die geval wanneer van byvoorbeeld musikante en ander kunstenaars gepraat word? Sien jy hulle ooit praat van Coertze, Beekman, Bergh of Botha? Waarom mag hulle dan ‘persoonlik’ raak en van Mimi Coertze Lize Beekman, Zirk Bergh en Corlea Botha praat? Dieselfde met politici en meer. So, as hulle dit aanvoor hou dit ook nie water nie.

Dave ·

Ag krisis Dave. Dit is nog al die jare hoe dit gedoen word. As jy so wil redeneer, koop vir jou ‘n storieboek of die Huisgenoot. Hierdie is feitelike beriggewing. Krisis.

Dave ·

Nou wat ‘krisis’ ‘krisis’ jy? As jy dit as ‘n krisis beskou klink dit asof jy paniekaanvalle kry. Koop vir jou Ant Saartjie se Boererateboek.

Leeutjie ·

Hoe lekker lag ek nou. Met apologie aan Dave 2, ek het nou vir ‘n oomblik gedink ou Dave praat met homself!!! Ek het my skoon van die onderwerp af gelag!!!

Hannelie ·

Dave, dit is nog al die jare joernalistieke gebruik om ‘n persoon, ter sprake, op die van te noem! Hierdie is nie ‘n familiêre storietjie nie. Dit is ‘n berig met harde feite en daarom is dit nie verkeerd om die dame “de Lange” te noem nie! In korrekte joernalistiek sou ‘n sanger of vermaaklikheidspersoon ook “Coertze” of “”Roets” genoem word!

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Such senseless attacks on the defenceless and frail old folks through the brutal acts of these hooligans and cowards left much to be desired and, of course have the one or other psychological effects on all of us with a genuine feeling towards your own and neighboor regardless of who they are. These senseless attacks on our elderly need to stop and to be seriously addressed by us all.

Manie ·

Werklik! Waaroor gaan die berig. Oor die regte of verkeerde manier van beriggewing of die Aanval wat plaasgevind het ! Die aanvalle word meer en meer oral op witmense gedoen met verhoogde martelings. Espreek dit en los julle verdomde gekibbel oor hoe jy die inhoud opdis!!

Winston ·

Ja ek stem saam. Fokus op n weereens lafhartige aanval op wit mense. Dis so barbaars soos konsentrasie kampe en hoop hulle loop hulle vas teen die regte kaliber slagoffers.

Peet Schabort ·

Die foto’s is ‘Burger’ en die berig is ‘Botha’. Hoe nou ?
Nogtans tragies om so aangeval te word.
Duidelik het hul roetine hul blootgestel.

Nico Strydom ·

Dagsê Peet
Daar het inderdaad ‘n foutjie ingeglip en dit is intussen reggestel.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Peet Schabort ·

In die 4de paragraaf is daar nog twee verdwaalde Botha’s.

Rynhardt ·

Dit is verskriklik hoe die egpaar in Namibie aangerand is.Die man sr hele neus is bloedrooi.Hulle sal al hoe meer oumense teiken.Soos wat die aanvalle teen wittes in SA beplan word,so gaan dit ook uitkring in Namibie!Al hierdie aanvalke word georkestreer agter die skerms.

kitty ·

Kani glo mense sit en stry oor snert nie..ons het hier ter sprake v 2 onskuldige mense byna vermoor en Dave stry wragtag oor aanspreek vorm..jou werklikwaar watsenaam, ontdel weer die realiteit v ons samelewing

Bartel ·

Dit is hartseer om te sien dat die gemors wat in SA gebeur nou ook oorspoel na my geboorteland!

Jaco Prins ·

Klink vir my ns dieselfde taktieke wat hier gebruik word. Ek is seker die gemors is van SA of ZIM af. Ek hoop hulle word gevang en self so bietjie mishandel. Sak graag opvolg artikel wil hoor oor of die staat daar optree hierteen.

Riaan ·

Kyk hoe lyk die arme mense.En julle wil stry oor nonsens.Hoop hulle vang die skelms gou,en sluit hulle lank toe.Sterkte vir die familie.Hoop oom en tannie voel gou beter

Candice Beneke ·

Ag nee man! Dis verskriklik! Ek bly in SA en dis erg genoeg hier… Ek hoop regtig hulle vang di klomp skurke! Hoe kan mense sulke goed doen aan ander…. O ja! Vergeet! Mense wat sulke goed doen, is ni mense ni, hulle is barbare! Jamr oom & tanni dat jle dit moes ervaar. Hulle sal daai skurke vastrek!

Tienie ·

Luderitz het baie scum swartmense wat daar woon. Hulle verwys graag na hulleself as die Boegters (Bugters) en behoort aan die gerugte Redeye gang. Glo my hulle is drek, het jare met hulle gewerk. Hulle het n kollega van my ook daar koelbloedig voor sy huis doodgeskiet.

Riaan ·

Die prys vir wat Dirkie die mense het niks verkeerd gedoen.Ek bly net hier,hulle soek jy moet weg hardloop dan maak jy dit maklik vir hulle.

Piet ·

My innige simpatie aan die slagoffers daar in Luderitz. Breek my hart , as n AUS – geborene , om te sien dat hierdie geweld en gemors daarheen versprei , hoe “SAD” is dit. Die eens geliefde en vreedsame land nou ook geteiken met geweld teen die mense wat steeds hul kant bring , ongeag hul ouderdom. Mag ons Liewe Vader sy genade uitstort oor die familie daar en vertroosting bring. MET ERG GEMENGDE GEVOELENS EN SIMPATIE !

Nadia ·

Dit is hartseer om te sien dat sulke gevalle ook in my rustige Namibia voorkom. Dit gaan egter nie my keer om SA se stof van my voete af te skud en my weer daar te vestig nie. Die gevalle in Namibia is in elk geval baie minder as in SA. Sterkte vir die familie in die traumatiese tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.