Dogter moes langs pa se lewelose liggaam sit voor sy ontsnap

Peter saam met sy dogters Sarah, Crystal en Chanti (Foto: Verskaf)

Die jong vrou wat Saterdag uit die hande van ʼn groep verdagtes ontsnap het wat oomblikke vantevore haar pa koelbloedig afgemaai het, is deur dié einste groep verdagtes beveel om langs haar pa se “lewelose liggaam” te sit terwyl die verdagtes die huis geplunder het.

Chanti Dawson, die oudste dogter van die 64-jarige Peter Dawson wat dié naweek op sy kleinhoewe op Broederstroom in Noordwes doodgeskiet is, sê die Dawson-familie het hulle held in dié aanval verloor.

Dawson vertel sy en haar twee susters het die naweek hul pa besoek as een van die gesin se gereelde “pa-en-dogter-kuiers”. Sy sê sy en een van haar jonger susters, Sarah, het ná ete besluit om saam met ʼn groep uit te gaan terwyl Crystal saam met hul pa by die huis gebly het.

“Crystal en my pa het flieks gekyk en my pa het op die bank aan die slaap geraak,” vertel sy. “Dit was omstreeks 00:30 Saterdagaand en Crystal het buitentoe gegaan om ʼn laaste sigaret te rook voordat sy bed toe sou gaan. Dis toe dat drie mans van om die hoek kom, haar oorrompel en weer na binne gedwing het.”

Dawson sê haar pa het tydens dié struweling wakker geskrik. “Hy het met die mans probeer redeneer toe een van die mans hom geskiet het omdat hy glo moeg was om na my pa te luister. Toe my pa geskiet is, het hy na agter gestruikel en toe geval en sy kop teen die vloer gestamp. My suster is gedwing om langs sy lewelose liggaam te sit en sy trouring af te haal om dit vir een van die mans te gee terwyl hulle die huis geplunder het.”

Sy sê die verdagtes het glo aan Crystal gevra wanneer sy (Chanti) en hul jonger sussie na die huis sou terugkeer. Die mans het glo gesê hulle “hou die huis dop” en weet dat sy en Sarah die huis vroeër verlaat het.

“Hulle het na my pa se lewelose liggaam gewys en vir my suster gesê: ‘Sien jy? Dis wat gebeur as jy nie luister nie.’ Een van die verdagtes het toe besluit om my sussie na die kamer te probeer sleep, maar sy het hom gesmeek om dit nie te doen nie. Hy het gefrustreerd geraak en het omgedraai om met die ander te gaan praat toe my suster in ʼn splitsekonde ʼn geleentheid gesien het om vir die deur te mik en vir haar lewe te hardloop sodat sy ons kon waarsku om nie huis toe te kom nie.”

Dawson sê Crystal het deur die bosse, oor ʼn heining tot by ʼn teerpad gehardloop. Hier het ʼn motor van ʼn veiligheidsmaatskappy glo verby haar gery totdat Lorenz Jooste en sy verloofde langs die pad stilgehou het om haar op te tel. Hy het met haar na ʼn plaaslike vulstasie gery waar Crystal haar twee sussies in kennis gestel het om nié huis toe te keer nie, waarna Dawson en Sarah by Crystal aangesluit het.

“Die SAPD was absoluut skokkend oor die telefoon terwyl ons hulle in die hande probeer kry het. ʼn Polisiewa het uiteindelik na ons toe gekom en ons gevra wat aangaan. Ek het die polisie toe na die kleinhoewe geneem en het ʼn polisieman tot in die huis gevolg waar ek my pa se liggaam in die gang aangetref het.

“Ek het hom omgedraai om te kyk of hy dalk nog ʼn pols het, maar daar was reeds baie bloed, hy was blou en sy oë was waserig. Ek het inmekaargesak en kon nie van sy liggaam af wegbeweeg nie en is uiteindelik van die toneel weggedra.”

Dawson sê sy en Crystal het Sarah verhoed om haar pa te sien omdat sy nog baie jonk is. Peter se seun, Martyn, woon ook op die kleinhoewe in ʼn woonstel, maar die woonstel is baie ver van die hoofhuis af. “My pa was die held van ons hele familie,” sê sy.

“Hy was lojaal en baie geliefd en het almal gehelp waar hy moontlik kon. Hy het nog altyd vir sy familie geleef en het nog altyd baie hoop vir Suid-Afrika gehad, en het sy lewe lank probeer om die land ʼn beter plek maak. Ons het ʼn mentor, ons grootste rasieleier en die gom wat ons familie bymekaargehou het, verloor.”

Peter het in Brittanje grootgeword, maar het in sy 20’s na Suid-Afrika verhuis.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Johan ·

En onse president brak gal as “sekere groepe” na die buiteland reis om “leuens” te versprei.

Word wakker Mnr Ramaphosa. Jy weet goed wat aangaan maar wil dit nie erken nie. Dit is mos nie polities korrek nie.

Anoniem ·

Dis so hartseer weereens baie sterjte aan die famile en aan Chrystal wat so n onbenullige aanval moes aanskou en nog vlug om haar en haar sussies se lewens te red CHRYSTAL JY WAS DAPPER ONS WIK MAAR GOD BESKIK

Chanti ·

I tell her every hour how proud our father would be of her bravery xx

Francois ·

Stuur dit asseblief in Engels aan die Australiese Ambassade.

Stef ·

Wanneer is genoeg, genoeg?
Woorde is op, om ‘n mens se gevoel uit te druk…

Momentum ·

Wanneer die EFF ons in vlugtelingkampe gaan jaag en ons in massas gaan aanval in stedelike gebiede, dan gaan ons of na vlugtelingsareas moet vlug of die wat baie oorsee gespaar het sal kan emmigreer. Eers dan gaan die realiteit inskop.

Dirk ·

“Die SAPD was absoluut skokkend”…. dis omdat die SAPD deel is van hierdie plaas aanvalle. Dis hulle wat hierdie georganiseerde misdaad aanhits en help.

Will ·

My hart gaan uit na daardie dogters en familie met hierdie hartseer, onnodige verlies. Nog ‘n sprekende voorbeeld van iemand wat positief oor die land was en ‘n verskil wou maak. Wel, die verskil is gemaak: Nog ‘n misdaad-statistiek.

Grysburger Pretoria ·

Die berig lui dat die oorledene in Brittanje gebore was. In die lig daarvan asook die skokkende en traumatiese gebeure hoop ek dat al sy kinders wat agtergelaat is spoedig Britse burgerskap, waarop hulle geregtig behoort te wees, sal opeis en so spoedig as moontlik padgee. Alle simpatie aan Peter se gesin en vriende.

GM ·

Verstaan ek reg? ‘n Sekuritieitsvoertuig het verby haar gery? ‘Name and shame’ dan maar die maatskappy asseblief? Hoekom mag hul wegkom daarmee?

Nog een ·

@GM. Hierdie het my ook opgeval! Dit wil voorkom asof hulle nie wou help!

Chanti ·

Yes… I was angered when my sister told me that… Disgusting

Stan ·

Wonder of die sekuriteit nie deel van hierdie tiraniese grype was nie!! Chanti my condolences, you are all in our prayers.

Siek en sat ·

Die spul werk saam man. Seker die klomp moordenaars n ent verder opgelaai en gaan aflaai waar hulle nie gesien word nie.

Trish ·

Sal ook graag wil weet wie die sekuriteitsmaatskappy was? Hoe regverdig jy as slagoffer dat daar nie eers ‘n sekuriteitsvoertuig jou wil bystaan nie – maar ons maandelikse betalings is egter goed genoeg? Ons soek hierdie antwoord asb

Middie ·

MM een persoon word nie afgemaai nie. Die werkwoord word gebruik as talle mense/diere gelyktydig doodgrskiet word.

Albaster ·

Dalk in jou streek maar in my streek praat ons van afmaai as een of meer wesens koelbloedig doodgemaak word.

Melanie ·

Innige simpatie aan families wat die naweek hul geliefdes aan die dood moes afstaan.Sinnelose moorde wat gepleeg word en daar word niks aan dit gedoen nie.Kriminele het meer reg in die land,gaan dit ooit ophou,nee,solank daar nie ingryping deur polisie minister en president plaas vind nie.

Skyspy007 ·

Chanti, my sincere condolences for you and your remaining family in this heartbreaking time. These blatant idiots will try and wipe all whites from South Africa. I DO hope this message will carry to the UK for them also to see what really is happening here. Ons boere kan mos nie nou “pad vat” nie…..met leë beloftes soos met Piet Retief weet ons mos sekerlik wat ons voorland is. Let us arm yourselves with God as our leader and have faith that something will get the mud from these idiots eyes. Baie sterkte aan almal wat hulle gehelp en bygestaan het. RIP Pete!!!…….

André ·

Maroela Media

Wat beteken die woord rasieleier? Ek het nog nooit die woord gehoor nie.

Dankie.

Groete
André

anneke ·

As die hele skool op die paveljoen sit en ‘n paar kinders (rasieleiers) staan voor om die skool aan te por om te sing of te beweeg. Soms word hulle sangleiers ook genoem.

Antwoord ·

‘n Rasieleier is gewoonlik iemand wat by ‘n sport geleentheid – gewoonlik met Universiteite – die “crowd” aan die gang hou – soos ‘n dirigent maar nie net met sang nie. Staan voor en por almal aan ter ondersteuning – die ondersteuners asook die deelnemers.

André ·

Baie dankie anneke, Antwoord en W. Mense is nooit te oud om te leer nie. Ek ken wel die woord ‘cheerleader’.

E ·

Hulle bedoel hy was hul grootste “cheerleader” hyt hulle aange”cheer”.

Jan ·

Dis die lot vir n wit man in SA. Dinge gaan nie beter raak met die ANC wat ons wil uit moor nie.

Chris ·

Waar is die groot weermag Generaals wat ons nou moet lei kruip weg het ons nie ook n Malemma nodig om aandag te trek nie vra maar netsoek leiers.

Kandy ·

So jammer om te hoor van julle verlies.. Mag God julle dra in die hartseer tyd. Ons west dat niemand daai plekkie sal kan vul nie maar God weet watse pad Hy vir ons oopkerf..* Sterk wees

ES ·

Skokkend dat die polisie in die eerste plek nie eers beskikbaar was nie… Sterkte aan jul familie. Kan nie dink waardeer die familie gaan nie, en veral Crystal wat so braaf was en haar kans gesien het om te ontsnap.

Anci ·

En so het ons ou Afrikanervolkie deur al die beproewinge ‘n skaaptrop mentaliteit aangeneem. Ons lees die nuus, simpatiseer met die families en blaai om na die volgende plaasmoord berig. Wag gedwee soos skape vir wanneer dit ons “beurt” is. Almal mor vir ‘n dag of twee dan gaan ons maar weer aan met ons bestaan. Ons word uitgemoor en ons aanvaar dit maar net goedsmoeds. Ons regering is tjoepstil, hoekom? Hul stilswye in my oe is stille aanvaarding van wat aan die gebeur is. Die regerende party het ons landsgrense oopgegooi vir stemme by die stembus, nou sit ons met die kriminele elemente wat geen morele beginsels het nie. Ek ween vir my kinders se toekoms.

Magda ·

My hart is so seer vir julle!!! Sterkte met die pad vorentoe want dit gaan nie maklik wees nie ek bid vir julle

Dalene ·

Absoluut skokkend dat ons as Suid Afrikaners ELKE dag van nie net een of twee moored less nie maar VERKSEIE. Ek werk vir ‘n Australiaanse maatskappy waar ‘n roof by ‘n OTM nog opslae maak. Ons pragtige land bloei… ons MOET almal saamstaan en iets begin doen, so kan dit NIE aangaan nie!!!

Mien ·

Chanti, baie sterkte vir julle familie. Dit is nie ‘n maklike pad wat julle moet stap nie. Julle lewe het onherroeplik verander. Koester mooi herinneringe. Bid vir julle.

**anoniem** ·

Hierdie is absoluut afgryslik en ongelooflik hartseer. Aan die Dawson familie, julle is in ons gebede, maar veral Crystal wat die hele afgryslike gebeurtenis moes aanskou. Mag ons Hemelse Vader julle in sy hand van vertroosting toevou. Sterkte en ons is bitter jammer vir julle verlies. RIV Peter Dawson

Koos B ·

Nog een fantastiese Witman vermoor net omdat hulle kan.Die wat vir Peter geken het sal weet dit is ‘n onbeskryfbare verlies.Alle sterkte aan die familie.

Johan Maritz ·

Ek sal graag wil sien as hulle een van CR se buffels so skiet wat gebeur, ek vermoed n taakspan gaan opdrag kry om dit te ondersoek en nie te rus voor hulle die skuldiges vasgetrek het nie.

Dirk ·

My vuurwapen is nooit by my nie want ek is bang ek word dood gemaak met my eie vuurwapen en will ook nie soos Rambo na die winkels gaan nie , maar lyk my dit raak nou nodig en n man moet wyt kyk. Die volgende ding is skiet jy waar beland jy al was dit iemand wat jou lewe bedreig. Ek vertrou nie die SAP nie want daar is meer krimenele in die mag as op straat. Met respek gese aan die baie ander toegewyde lede.

Jurie ·

Dirk as jy n vuurwapen het en jy dra hom nie by jou nie verkoop hom want hy beteken niks in die kluis nie.

Elvira ·

Ons innige simpatie aan hierdie familie. Jy was braaf en baie dapper Chanti. Hoop julle kan berusting vind. Daars nie n toekoms vir mense in hierdie land nie. Maak asb planne om weg te kom.

Riëtte ·

I am sorry to hear about your loss. My thoughts and prayers are with you and your family. Wishing you hope in the midst of sorrow, comfort in the midst of pain.

Vermeendes ·

Ons kan soos gewoonlik net ons beste wense oordra aan almal wat geraak is want slegte goe gebeur wanneer goeie mense niks doen nie.
Sterkte vir hulle wat geraak is.

Johan ·

This is clear our Goverment will not act, its there way of getting farmers out of SA, and to make the land grab more possible

Poppie ·

Chanti,
It was not one of you 4’s mistakes. Your house was watched long before the time. ( I know, because 8 of them watched our house years ago since about 8 in the morning.
My maid told her husband that she saw them up and down in the street, and never knew that they watched our house. They kicked off my husband’s ribs and in the face, etc). Even if you were all in the house, they would still have waited their chance to come in and kill/rob you. If it was not for your sister, this would have been much worse. I will keep you all in my prayers.

Carmen Muller ·

I am so sorry to hear about your loss girls. I had the priviledge of working with your dad for many years before immigrating to Australia. He was one of a kind and the world is a much sadder place without him. I live in Perth Australia and if I can help in any way please contact me.
Love and hugs to all.

·

Dis so so hartseer, mens kan nie help om in vrees te lewe nie al weet ek dat ons moet vashou aan Jesus is ek nog bang. Jesus net U kan ons help. Baie sterkte aan die gesin :-(

Jul is in my gebede.

Vanessa Moore ·

Ek kan my nie eers voorstel deur watse hel jy was nie. My hart gaan uit na jou. Ek bewonder jou dat jy kop gehou het en ontsnap het. Ek glo vas dat God jou beskerm het om sodoende ook jou susters se lewe te red. Dis so onnodig, al die plaasmoorde. Jy is ‘n held. Mag God julle nou die krag gee om al die seer te verwerk. Ons bid vir julle. Moenie dat die dinge julle onderkry nie. Dis wat hulle wil hê. Wees sterk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.