Dogter ná pa se wrede moord: ‘Ek is nie kwaad nie’

At Le Roux. Foto: Verskaf

“My pa was iemand wat altyd probeer het om ander te help. Hy sou eerder vir ʼn week self loop sodat hy vir iemand anders petrolgeld kon leen. Dit was net wie hy was. En dit het hom op die ou end sy lewe gekos.”

Só vertel Hetty Steyn, die dogter van At le Roux (73) wat Donderdag wreed in sy huis in die Vrystaatse dorp, Reitz, vermoor is. Le Roux is vermoedelik in sy huis ingewag en met ʼn swaar voorwerp oor die kop geslaan.

ʼn 34-jarige man is kort ná die moord in hegtenis geneem – dieselfde man wat verlede jaar in hegtenis geneem is nadat hy na bewering Le Roux ook in sy huis oorval en gewurg het. Le Roux het dié aanval oorleef, vermoedelik omdat hy sy bewussyn verloor en die aanvaller gedink het hy is dood.

Steyn vertel die man het nie los werkies vir Le Roux verrig soos die polisie vroeër beweer het nie, maar was net een van die ontvangers van haar pa se talle goeie dade. “My pa het hom altyd by die Spar sien bedel en het gereeld vir hom ʼn koeldrank of ʼn pastei of kos gekoop. Hy het ook gereeld by my pa se huis kom aanklop en dan het hy vir kos gevra.”

Sy vertel Le Roux het eendag gesien hoe die man die verpakking van die kos wat hy vir hom gekoop het net so op die straat neergooi en het hom berispe. Daarna was hy huiwerig om weer vir die man kos te koop en later het die man hom glo in sy huis aangeval en gewurg.

“Hy is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn, maar is later op borgtog vrygelaat. Hoe word iemand op borgtog vrygelaat as ons ʼn saak van poging tot moord teen hom aanhangig gemaak het? Ons glo sy bedoeling was destyds al om my pa te vermoor,” sê Steyn.

Le Roux het nooit weer vir die verdagte enigiets gegee nie, maar het hom steeds in Reitz opgemerk. Volgens Steyn word daar vermoed dat die verdagte by talle ander misdade in die dorp ook betrokke was.

“Die man het glo Donderdag, ʼn kort rukkie voor my pa se moord, vir die karwag by Spar gesê hy gaan my pa doodmaak. Die karwag het vir polisiebeamptes wat daar aangekom het daarvan gesê – of hulle iets daaraan gedoen het, weet ek nie. Maar omstreeks 14:00 het my pa se buurman op sy liggaam afgekom.”

Steyn sê haar pa was kort voor die moord besig om die heining buite sy huis te verf en sy vermoed hy het in die huis ingegaan en is daar deur die moordenaar oorval. “Die nadoodse ondersoek het getoon daar was geen houe agter sy kop nie. Die ou moes hom dus ingewag, omgestamp en van voor af aangeval het. Sy gesig was verbrysel.”

Daar is ʼn hartseer noot in haar stem wanneer sy byvoeg: “Ek hoop maar net my pa was reeds dood van die val toe hy gestamp is voordat hy aangerand is. Sy halfgedrinkte koppie koffie het nog net so in die huis gestaan.”

Le Roux se vrou is drie jaar gelede oorlede en hy het daarna vir homself ʼn woonstel agter sy huis laat bou waar hy gewoon het. Sy dogter, Anet Boshoff, was in die proses om in die huis in te trek toe Le Roux vermoor is.

“Ek is nie kwaad nie. Net bitter hartseer dat my pa op dié manier moes doodgaan. Maar ek wil nie ʼn wrok koester nie. Daar sal geen bloed aan my hande of haat in my hart wees nie. Daardie man sal eendag voor God staan en verantwoording doen. God sal sy lot bepaal.”

Steyn sê dit is haar pa se hardwerkende aard en goeie hart wat haar altyd sal bybly. “Hy was sy lewe lank ʼn dieselwerktuigkundige en het dekades lank op Reitz gewoon. Hy het altyd baie hard gewerk en later, toe hy afgetree het, was hy steeds heeltyd aan die gang. Hy kon nie stilsit nie.”

Sy is ʼn oomblik stil voor sy sê: “Mens kan nie eintlik dink dat iemand soos hy, ʼn eenvoudige mechanic, só ʼn invloed op mense se lewe kon hê nie. Hy was nie ryk of iemand wat in komitees gedien het of baie magtig was nie. Hy het maar ʼn eenvoudige bestaan gevoer en min nodig gehad. Maar almal het hom en sy goeie hart geken.”

Le Roux word oorleef deur sy twee dogters, Hetty en Anet, sy skoonseun, Francois, sy kleinkinders, Janeke, Emmerentia en Francois, en twee susters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Asmain ·

Gaan my verstand te bowe dat borg gegee word igv geweldsmisdade…hoeveelste geval is dit nou al waar n persoon weer n geweldsmisdaad pleeg terwyl hy uit is op borg vir n ander geweldsmisdaad

Hanna Hoekom ·

Moet tog net nie n dief agter op jou bakkie probeer laai (om polisiestasie toe te vat) of gewoonte misdadigers met n doodskis dreig nie… Dan sit jou turf! Hoe belaglik.

leser ·

dit kom van howe af dat daar alewig ‘n uitstel vir ‘n saak is, soveel so dat die hof te “oorlaai” is met die aantal sake wat hy moet behartig

gesegde = van uitstel kom afstel

Erica ·

Dit is brutaal en totaal onnodig as die moordenaar die eerste keer Gestraf was vir 10 of 15jr.
Nou wat Nou??? Minister van Justisie WORD WAKKER!!!
Bring terug Die Doodstraf en leer by ons Buurland, Botswana. Maar Nee misdaad seëvier hier in RSA

Siek en sat ·

Jy kan HOE goed wees vir mense maar daai hand wat hulle voer sal jou vermoor. Innige simpatie.

AmY ·

Wag, maar. Jy kan ook net soveel keer die hand byt wat jou kos gee.

Johnna ·

Dit word nou n nasionale sport om blankes te vemoor en die regering wat ons moet beskerm doen niks.Dit kan mos nie net aangaan en aangaan nie.Die regering sal moet optree en die doodstrzf instel.

David ·

Die mense wat so goedhartig is en jammer voel vir “our people” moet wakker skrik en besef paraatheid beteken dat jy maar ander pad moet kyk om te oorleef.

Wanneer ons plase weggevat word en voedelproduksie lamgelê is , alles ingevoer word en onbekostigbaar is, gaan ons maar moet toekyk hoe mense by hulle miljoene van die honger omkom.

Dis nie ons skuld nie. Dis die keuse wat “our people” gemaak het deur vir die regering te stem – 9 uit 10 van hulle.

AmY ·

Jammer, maar as dit met mý pa gebeur het, sou ek woedend gewees het. Hy is al jare oorlede, maar het ook ‘n goeie hart gehad.

Peet Schabort ·

Attie, na jou ousus Marietjie (my vrou) se oorlye het ons weer 5-8 Julie 2018 bymekaar uitgekom op Reitz. Na jare se Marais-saamtrekke elke jaar het ons die hunkering kon uitvoer om jou oupa en ouma Marais (moederskant) se grafte te besoek op Bakenpan dist. Senekal. Daar het ek ‘n foto van jou geneem met jou tipiese hande-agter-die-rug manier in die plaaskerkhof terwyl ek kon sien dat jou gedagtes en herinneringe ver teruggaan en jy eintlik nie in die hede is. Die grafonderskrif wat lui: ‘Ek dank my God elkemaal as ek aan julle dink’. Die foto waar jy inloer by die buitegebou en die uitleg van die oorgeblewe fondasie van die huis se vertrekke aan my uitwys, ouma se tuin, die holte vd eendedam, windpomp ens. Die boer in jou terwyl jy onder die reusebome ‘n latere era se ‘NIGEL 21’ Mieliedorsmasjien van Henry Plen bekyk en kommentaar lewer.
Jou hunkering en wens om ook by jou ouma en oupa Le Roux se grafte te sou wou uitkom in die ou kerkhof, Senekal en ek jou antwoord: ‘Ons gaan nou!!’ Sistematies en met deeglike redenasie het jy die regte gedeelte begin deurstap en dit was nie lank toe staan jy by die grafte. Daardie oupa wie se name jy met trots sou dra. Daardie ouma wie se name sus Marietjie ook met trots gedra het. Toe jou woorde (wat ek nou-eers verstaan): ‘Dankie Peet, ek glo nie ek sal in my leeftyd weer hier kom . . .’

Peet Schabort ·

Vervolg: Die Le Roux-graf se onderskrif lui: ‘Wat hulle kon het hulle vir ons gedoen’. Hierdie twee graftes se bewoordings weerspieël Attie se opvoeding. Met ‘n sprankel in die oë het hy vertel hoedat sy een oogappel-kleinkind-meisiekind weer in die huis gaan intrek en dan die wedersydse uitstort van liefde ongekend. Die volgende dag, Sondag 8 Julie 2018 is ons na die graf van sy vrou Meisie in die Reitz-begraafplaas. Daar het hy aan my vertel wat nog daar deur hom gedoen moes word. Min wetende het ek afskeid van hom geneem en huiswaarts vertrek. Binnekort sal ek alleen daar staan waar ons beide twee weke terug gestaan het . . . Uit ‘Afrikaanse Gedigte’ versameld deur F.W.Reitz (1888) haal ek aan die laaste twee verse van ‘MARIA. Bruwershoek, O.V.S.’ se gedig:
Trek, trek bose vijand van mij,
Trek met al jou eer en prag;
Liefste Jesus skei nie van mij,
Heer op wie mij harte wag.

Graf en dood waar is die prikkel ?
Hel waar is die segepraal ?
Jesus, ja sal mij ontvange,
In die saalge hemelsaal.
In die blijde hemelkus,
Jesus trek mij in sijn rus !

Drieks ·

Dankie Peet, dis sulke mooi stories wat ons aan vas klou, en bly glo dit sal weer beter word in ons hartseer land. Sterkte vir jul almal, ons ween saam met jul…

Anner Anton ·

My innige meegevoel aan die familie. Laat ons so leef dat ons wat Jesus dien saam met oom Attie voor Jesus op die Bema kan staan om deur Hom geoordeel te word.
Laat ons die Here dien en nie soos hierdie ongelowige wat oom Attie vermoor het voor die Wit Troon moet staan om uit te vind die ewige vlamme is ons voorland want ons naam is nie in die boek van die lewe nie!
Openbaring 20
11EN ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Anton ·

11EN ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Nee my Here help ·

Dit is onuitstaanbaar, die moorde, die waansin. Help ons asb God

Wilma ·

Eks baie jammer om te se maar ek gee vir niemand kos. Hul soek ni kos hul soek geld. Vertrou liewer n vreemde hond voordat jy n bedelaar vertrou

Lena ·

Ek stem saam met jou hul wil so bly ek kry ongelukkig niemand jammer hul waardeer niks alles is n moet

Mielie ·

Ek kan nie meer die goed lees nie. Ons ouers is in moelikheid. Net gisteraand in my tannie se aftreeoord is iemand vermoor vir kamtig n cellfoon en lekkers. n week voor dit in die gebou langs haar n 93 jarige dame vir TV…..kamstig…van plaas moorde na aftreeoorde. Nee Nee nee .

Martin ·

Mede volksgenote word wakker! Die opdrag is van hoër gesag af gegee: “Maak dood die witmense, want dan word hulle eiendom vinniger ons s’n, omdat dit veroorsaak dat die meeste land uit vlug!” Verder word die indruk by potensiële moordenaars geskep dat hulle nie lang gevangenisstraf sal uitdien nie, maar weer bevry sal word sodra ‘volkome vryheid’ in die land heers. Ek het swartes dit hoor sê…
WORD WAKKER! Ons verkeer in ’n staat van oorlog! Moenie jou goedhartigheid aan hulle bedelaars betoon nie – hul eie nasie verdien groot geld en kan dit mos doen – jy word nie gesien as barmhartig nie, maar as ’n swakkeling wat hulle guns probeer wen. Ons goedhartigheid het al menige van ons mense se lewens gekos. Help liewer jou eie wit ras – daar is byna 700 000 blankes in plakkerskampe, wat insluit honger kinders en siek bejaardes. Die kanse dat een van hulle jou gaan vermoor is omtrent nul.
Een van die foute wat hierdie ou volkie van ons gemaak het, was om Sy kosbare pêrels voor die swyne te werp – nou het hulle omgedraai en hul verskeur ons mense!
WORD WAKKER!

Driekie ·

Wat hier gebeur het is die volgende. Oom Le Roux het die man gevoer. Toe spreek die oom hom eendag aan omdat hy die verpakkings in die straat mors en hy voer hom nie meer nie….Die ou is nou kwaad vir die oom en nou vermoor hy hom …Vir ons is dit amper ondenkbaar….maar dit is hoe hierdie tipe mense is …wraaksugtig…..hulle sal jou vir iets onbenullig haat…en vermoor…

Hetty ·

“Holding onto anger is like drinking poison and expecting the other person to die.”

Lena ·

Ek kry niemand jammer nie hul wil so lewe alles is n moet hul wil net he staan altyd bak hand dan voer jy hul dan moor hul jou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.