Dogter raak swanger; pa vas vir verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 42-jarige man het Woensdag in die Heidelberg-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem en word by die Heidelberg-polisiestasie aangehou. Sy saak is intussen tot 15 Julie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Volgens Tshilate word daar beweer dat die pa sy 15-jarige dogter in April vanjaar na sy werkplek gevat het waar hy haar glo herhaaldelik verkrag het. Die beweerde verkragting het glo aan die lig gekom toe mense gesien het die meisie is swanger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Debs ·

Sonja…. ek stem 110% volkome saam met jou…. as ek maar net ‘n regter kon wees in die land !! sou ek sy straf vir hom dubbel en dwars terug gee…

Onbekend ·

Ek skryf die volgende, want elke nou en dan kom daad voor, en begin tog al Bekend raak aan ons. Terwyl ek agter my bekende rekenaar inskuif, om die kommentaar te skryf wil wil dit vir my voorkom of ek reg in my eie hande kan neem, maar ek en jy weet dit mag nie gebeur nie. Waarom ‘n kind of enige wese verkrag, gaan ‘n gesonde verstand te bowe. Maar dit gebeur oor en oor. En ja dit raak almal, maak wragtig nie saak wat se kleur ons vel is nie. Daardie kind vrou of man wat verkrag word, ja mans ook, het so waar as wragtig nie daarvoor gevra nie, anders sou dit nie verkragtig gewees het nie, dit is nou by volwassenes, by kinders bly dit verkragting, want telke keer word hul deur ‘n so danige verkragter gedwing. In lande oorsee, kom alles tot stilstand, as daar verkragting plaasvind, maar hier by ons haal dit agterste blaai in koerante. Daarom staan soveel mense op die vooraand om die ou bekende land wat hul ken en waar hul groot geword het te verlaat. En om te gaan na die onbekende, want daar mag hul dalk voor begin en veilig voel, maar daar is ook geen waarborge nie. Ja ons het regte en ons het wetgewing, maar jy sal weet dat wette net so goed is soos die toepassing daarvan, en daar skiet ons tekort. Vrekragter is mense wat ander lewens verwoes, so wat maak hulle beter as ‘n moordenaar? Dan is die verkragter jou eie bloed, erger nog, JOU EIE PA?? Hoe kan dit in enige taal of kleur aanvaarbaar wees?? Dit bly ONGODDELIK!!!

Miems ·

Wat ‘n afskuwelike daad. Hoe siek het ons samelewing dan geraak

lynette ·

Waarom dink julle was verkragting sowel as gewapende roof voorheen n hals misdaad? Deesdae kom almal met alles weg want daar is geen afskrikmiddel nie. Samelewing is siek.

lynette ·

Waarom dink julle was verkragting sowel as gewapende roof voorheen n hals misdaad? Deesdae kom almal met alles weg want daar is geen afskrikmiddel nie. Samelewing is siek.

Michiel ·

Wat nou van die arme dogter? Wat van die swangerskap – dis tog bloedskande en kan die kind dalk probleme he? Wat gaan word? Arme arme kind. Vieslike “pa”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.