Dogter sterf ook na skietery

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Vrou wat in Limpopo gewond is toe ʼn man haar en haar ma geskiet het, het Woensdagoggend aan haar beserings beswyk.

“Hermina Mangena (40) is in die Letaba-hospitaal buite Tzaneen oorlede,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Mary Mangena (63) is op die toneel dood verklaar.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg leidrade van plaaslike inwoners op.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man het glo by Mary se huis in Sasekani in Ritavi ingestorm sonder om enigiets te sê. Mary wou weet wat is fout, waarna hy op haar en Hermina losgebrand het.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die 35-jarige verdagte verlief was op die jonger dogter, het Ngoepe vroeër gesê. Mary en die verdagte het glo baklei. Dié dogter was nie by die huis tydens die skietery nie. Die polisie vermoed die motief vir die aanval hou verband met huishoudelike geweld.

Die vermeende skieter het in ʼn wit Volkswagen Polo saam met twee ander mans gevlug. Ngoepe het gesê die polisie het inligting ontvang dat die mans onderweg was na Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.