Dogter tydens kapingspoging met baksteen geslaan

Die slagoffers se bakkie. Foto: Crisis Medical

Die slagoffers se bakkie. Foto: Crisis Medical

ʼn 19-jarige vrou is Sondagaand met ʼn baksteen voor haar pa aangerand tydens ʼn beweerde mislukte kapingspoging in die noorde van Durban.

Volgens Neil Powell, direkteur en woordvoerder van Crisis Medical, het die bakkie waarin die vrou saam met haar pa gery het, vermoedelik onklaar geraak op die N2-snelweg naby die M19-wisselaar.

“Die pa en dogter het glo die bakkie probeer herstel, toe ʼn tweede voertuig stilgehou het om ‘hulp aan te bied’. Die pa en dogter het die hulp van die hand gewys, waarna die verdagtes hulle van hul persoonlike besittings wou beroof en vermoedelik die bakkie probeer kaap het,” het Powell gesê.

Die vrou is tydens die voorval met ʼn baksteen aangerand voor die verdagtes gevlug het. “Die dogter het geringe beserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir waarneming. Die pa is ongedeerd.”

Die polisie ondersoek die voorval.

Die slagoffers se bakkie. Foto: Crisis Medical

Die slagoffers se bakkie. Foto: Crisis Medical

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tiger ·

Ek is baie bly die mense het so lig daarvan afgekom.Dit is die rede waarom ek en my man NOOIT in die donker erens heen ry nie.Ons doen dit net nie.Vriende van ons wou dat ons hulle op Johannesburg Internationale Lughawe ontmoet het met hul terugkeer uit Australie maar toe ons hoor hulle land 5 uur die oggend het ons verskoning gemaak en nie gegaan nie en dit na ons hulle 8 jaar laas gesien!

christine ·

Ons ry ook nooit in die nag. Dit is moeilikheid soek in die ergste graad.

Donovan ·

Baie goeie raad dames… maar dit maak my benoud hoe ons elke dag al hoe meer beperk word om die lewe te geniet.

A ·

Kan Maroela se taalkenners bietjie die volgende navors en vir ons verduidelik:

Dit was na bewering ‘n kaping
En
Dit was vermoedelik ‘n kaping

Vir my as leek klink dit of “na bewering” iemand se woord in twyfel trek en of “vermoedelik” meer simpatiekgesind is teenoor slagoffers.

Sune van Heerden ·

Dagsê A

“Na bewering”, “vermoedelik” en “glo” word as sinonieme aangewend. Dit is nie ons bedoeling om enige fyn nuanse of betekenisverskil oor te dra nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sandra ·

Sjoe – dit is baie dapper, slaan n vrou met n baksteen – lafaards

Willie ·

Lafhartig hoe hulle in lede van 3-4 vrouens en ouerige mense aanval. Maar vang hulle, dan sien julle hoe lafhartig benat en bevuil hulle hulself. Doen als in jul vermoe om julself wettig te beveilig.

Asjas ·

En by die AA aansluit help ook nie. Hulle kon my nog nooit opspoor op die paaie waar ek gaan staan nie of hulle het nie iemand in die area nie. Dus moet ons maar by die huis bly wat ook nie reg is nie!

Stev ·

Baie bly dat julle lewendig uit hierdie situasie gekom het.

‘n mense kan ook nie se….moenie in die nag ry nie….moenie so maak nie en moenie dit maak nie. Dan kan jy maar net sowel ophou lewe, want elke dag leef jy in vrees. Wees eerder goed voorbereid op enige situasie, en moenie staat maak op hierdie instansies soos AA om jou te kom help nie, maak eerder sulke reelings tussen vriende en familie.

Stem ‘n 1000% saam met Willie, beveilig jouself op n wettige manier.

Frans ·

Mense wa is jule ore ry ni in die nag ni en as jy ry hou dai baby langs jou en as jy hom gebruik ry weg van die toneel af

Genie ·

Of jy nou in die nag ry en of jy rustig in jou huis sit, as hulle jou wil oorval sal hulle dit doen..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.