Dogter van politikus vas ná halfnaakte protes

Ncube is op grond van onbehoorlike gedrag in die openbaar in hegtenis geneem. (Foto: Twitter)

Die dogter van ʼn vooraanstaande Zimbabwiese politikus is Woensdag buite die Uniegebou in Pretoria in hegtenis geneem nadat sy in skrapse klere betoog het.

Gugu Ncube, die dogter van Welshman Ncube, het verduidelik sy betoog halfnaak omdat dit ʼn teken is “van haar waardigheid wat van haar gestroop is”.

“Ek het niks meer om my waardigheid te beskerm nie.”

Ncube wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet kennis neem dat sy glo deur Unisa en die polisie misbruik was.

“Ek wil hê die bestuur van Unisa moet my bedankingsbrief aan die land, die Thuma-stigting, die kommissie vir geslagsgelykheid en ander belanghebbende partye wys wat hulle beweer ek ingedien het. Dít is wat ek wil hê,” het Ncube verduidelik.

Ncube beweer haar baas by Unisa se Sentrum vir Vroeëkinderonderwys (UCECE) het gevra vir seks as sy haar werk wil behou. Sy ontken dat sy bedank het.

Unisa het intussen in ʼn verklaring gesê die UCECE is voorheen deur Unisa geborg maar dat die borgskap laat vaar is. Volgens Unisa was Ncube dus nooit ʼn werknemer van die universiteit nie.

Unisa het gesê Ncube het in 2018 ʼn klag van seksuele teistering ingedien en dat die universiteit onmiddellik die saak hanteer het deur die betrokke Unisa-personeellid, wat ʼn raadslid van UCECE was, te skors en berading aan Ncube te verskaf.

Volgens die universiteit het die ondersoek egter bevind daar was geen gronde om die personeellid aan te kla nie.

Ncube het ʼn swart broekie en ʼn skrapse rooi toppie aangehad en ʼn plakkaat voor haar gehou voordat sy in hegtenis geneem is.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Mavimbela het gesê Ncube is op grond van onbehoorlike gedrag in die openbaar in hegtenis geneem.

Sy is steeds in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Ek kry haar jammer ·

Kom ons kyk verby hoe skokkend die optrede was. Ek dink sy het soveel emosionele pyn en sy begeer so om gehoor te word dat sy tot hierdie drastiese aksie oorgegaan het, ek dink sy voel net absoluut magteloos teen die “system” :(

Hendrik ·

Baie van ons ander voel net so magteloos oor die ‘system’. Nie net swart mense nie, wit mense ook. Ek het ook baie simpatie met haar wat haar so op die altaar geplaas het. En as mens kyk hoe onsimpatiek die polisie haar behandel en in die vangwa forseer het.

Elkeen met ‘n grief is nie outomaties ‘n krimineel nie. Daar is maniere van doen en maniere van doen, en as jy dan ‘n kundige nodig het om so ‘n situasie te ontlont, waar is daardie kundige, of het die polisie oor die jare van daardie eksperte ontslae geraak?

Linda ·

Wat soek sy in ons land ? Stuur haar summier terug Zimbabwe toe en verban haar lewenslank om in SA in te kom. Hierdie gedrag het ons nie in ons land nodig nie !!!

Linda ·

Ek kry haar jammer… waarvan praat jy ? Hierdie vrou moet haar emosionele pyn in haar eie land gaan demonstreer naamlik Zimbabwe !!!

Theoman ·

Sy soek net aandag, stuur haar terug Zim toe dis waar sy en 50,000 ander Zims hoort.

Nettie ·

Ja, stuur haar en haar ander 500 000 00 mede-Zimbabwiërs terug na hulle eie land …….. en bou ‘n 25 voet hoë muur tussen SA en alle ander Afrika-lande, sit glasstukke en draaiende “spikes” bo-op en laat behoorlik opgeleide sekuriteitsmanne en twee Alsatians per man die muur bewaak ……………………………… SODAT SA WEER VIR GEBORE SUID-AFRIKANERS KAN WEES en nie meer ‘n “land van melk en heuning” wees vir allerlei Afrikane uit Donker Afrika nie.

Realisties ·

My opinie……Daar is egter n ander agenda agter die inegtenisneming. Daar moet dieper gekrap word. Wat nou van die ontblote moederbors in die openbaar….word alom geregverdig as tradisie??????

Asjas ·

Is jou kommentaar na aanleiding van onlangse gebeure in Wimpy en hul “policy” rondom dit?
Boikot Lysie – add Wimpy.

Hendrik ·

Baie van ons ander voel net so magteloos oor die ‘system’. Nie net swart mense nie, wit mense ook. Ek het ook baie simpatie met haar wat haar so op die altaar geplaas het. En as mens kyk hoe onsimpatiek die polisie haar behandel en in die vangwa forseer het.

Elkeen met ‘n grief is nie outomaties ‘n krimineel nie. Daar is maniere van doen en maniere van doen, en as jy dan ‘n kundige nodig het om so ‘n situasie te ontlont, waar is daardie kundige, of het die polisie oor die jare van daardie eksperte ontslae geraak?

Pensioenaris ·

As sy nie gelukkig is kan sy terug gaan na haar land. Daar kan sy mos gelukkig wees, volop werk , kos ens. HA-HA

Gert van Wierdapark ·

Sy het die aandag gekry wat sy gesoek het! Binnekort het sy ook ‘n joppie in die Groot Tent—“mark my words”

ne ·

Daar is iets soos skaamte. Maar ek glo nie sy weet wat dit beteken nie! Uitlokkend. Stuur haar terug na haar land daar kan sy gaan kaal rondloop.

Anne ·

Natuurlik het sy niks meer om haar waardigheid te bedek nie, plaas trek sy klere aan dit help daarvoor .

honourable member ·

Sy het niks hier verloor nie. Vat nog heel moontlik die werk van die suid afrikaanse burger weg. Ons het nie hierdie mense hier nodig nie. Van hierdie poppies is glad nie so onskuldig nie. Sien mos hoe werk dit hier by die werk. Le lekker aan by die base om te kry wat hulle wil he. Kyk maar wie die performance bonusse kry, gewoonlik die base se skelmpies. Nee wat ons raak maar almal gatvol vir wat hier in die werkplek aangaan maar ons gaan nou nie half kaal in die strate dans daaroor nie.

Linda ·

Soos jul lees is sy bekend om mans te blameer vir seks teistering. Ek dink sy het haar ontbloot sodat sy verkrag kon word dan kon haar pa in die Zimbabwese kabinet reuse eise teen SA eis !!!

Snowball ·

Sooo trots op ons fiks en fier polisie, hulle kon ‘n onstabiele, emosionele vrou arresteer….
Nou nog net leer hoe om studente wat universiteite afbrand en betogers wat winkels plunder ook te vervolg.

Heksie ·

Wat soek sy hier? Laat sy vir haar pappa se regering gaan werk in Zim.

Willie ·

Dan moet hulle die goed wat so op straat urineer ook arresteer, want alles word ontbloot…

Hoekom? ·

Sy was is haar swemdrag. Sy het dit gekies.
Vergeefs as onderklere vir swemdrag gebruik word.
Terug Zim toe, swembad is daar

jakes ·

Stuur haar na oom Robert toe. Mense wat dink dat daar net 50000 0f 5 mijoen Zim mense hier is kannie tel nie. Eerder nader aan 8 miljoen en binne n jaar sal daar seker nog 500,000 nuwe geboortes wees.

Se maar net ·

Die land adverteer so baie oor vroue en kinder regte maar as mens die magistraat skakel kom mens nie eens by hulle uit nie. As mens ingaan na die hof dan sukkel mens om hulp te kry. Ons moet van ons werke afvat en die eks man kom net weg daarmee. Hierdie vrou gaan nerens kom met haar klag nie want die land beskerm die krimenele.

Judge Dredd ·

Te veel mense word deur hul emosies regeer.
Te veel mense dink hul emosies maak hul reg.

Mariana ·

So as jy gegrief voel oor iets, trek jou klere in die openbaar uit. Sy het reaksie gesoek en al die aandag gekry. Die mos die maklikste en vinnigste manier om jouself in nuus te kry en nou gons dit. More doen die res dit ook.

marco polo ·

Sy het n broekie en n toppie aangehad, wat is fout daarmee? Mense gaan strand toe met minder.

Olly ·

Dis regverdig om te sê die probleem makers moet terug gaan Zim toe, maar wat van die harde werkers? Ek het ‘n Zim werknemer (met ‘n werk permit en als), laat ek net sê, hulle weet wat harde werk is en vat nie kanse soos ons burgers nie. Stel jou voor ‘n muur tussen ons en al die buurlande. Wat van die wit manne wat in Afrika lande gaan werk en in Dollars betaal word en daai geld in SA kom inploeg, want hulle families is nog hier. Daardie mense en soms hulle gesinne word beter in buurlande behandel as wat hulle deur ons burgers hier in hulle eie land behandel word. Wanneer buite landers by geweld en optogte betrokke raak is dit soms oordat hulle daarin gedwing word deur ons bederfde burgers wat net oophand staan. Hiervan het ek baie getuienis al gehoor.

SjN ·

Stuur haar terug net so, sy kan dalk n catch maak by oom robbert

George ·

Volgens die stories wat by UNISA gebeur het….waar ‘n rokie trek brand ‘n vuurtjie

Waardes ·

As jy in jou onderklere wil betoog, moet jy ten minste so gebou wees en oor die voorkoms beskik dat mense jou in jou onderklere wil sien. Anders gaan hulle mos nie kennis neem van jou saak nie?

Hendri ·

Ja nee swaer. Hoog tyd dat iemand vir onse prez rondborstig die waarheid vertel. Oudominee seg ek mag sit nie se nie maar die vroee oggendluggie het die stomme kind glo nogal puntenerig gehad. Soos die ou spreekwoord mos altoos lui: Hoe kaler hoe jonker die pronker. Of is dit nou protester? Tjag ja in die ou landjie weet mens ook nie altyd nie. Laat die kind nou so in die versoeking gelei kan word. Gelukkig is sy toe nie met ‘n slap riem gevang nie!

barend v d westhuizen ·

so raak ons al meer slegter en slegter die land val al meer uit mekaar wat is volgende

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.