Die polisie in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga vra die publiek se hulp om die 28-jarige Hillary Gardee op te spoor wat Saterdag as vermis aangemeld is.
Die familie het ook R100 000 uitgeloof vir enigiemand met inligting oor waar Gardee haar bevind.
Gardee is die dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF en prokureur Godrich Gardee.
Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is Gardee Vrydag laas by die Spar-supermark in Mbombela gesien. Gardee woon in Kamagugu, buite Mbombela.
“Gardee was saam met ’n driejarige dogtertjie ten tyde van haar verdwyning. Die kind is gevind, maar daar was geen teken van Gardee nie,” sê Mdhluli.
Gardee se familie het haar Saterdag as vermis aangemeld nadat sy nie weer by die huis opgedaag het nie.
Die laaste keer wat Gardee gesien is, het sy ’n swart top en broek aangehad. Sy is ongeveer 1,6 meter lank en het ’n neusring.
Enigiemand met meer inligting oor Gardee, kan konst. Sthembile Zitha by 072 474 0835 kontak of die familie by 072 514 1456.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Hoe hoog is hul hoog as dit by standaarde en norms kom?
En hoekom is hy so belangrik dat sy dogter se foto op mm is?
Die 3 jarige kind sal darem seker kan sê waar hul was.
Is dit wat mens noem nuus…gaaaap
Politiek is ‘n lelike ding