Dogter van voormalige EFF-hoë vermis

Hillary Gardee. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga vra die publiek se hulp om die 28-jarige Hillary Gardee op te spoor wat Saterdag as vermis aangemeld is.

Die familie het ook R100 000 uitgeloof vir enigiemand met inligting oor waar Gardee haar bevind.

Gardee is die dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF en prokureur Godrich Gardee.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is Gardee Vrydag laas by die Spar-supermark in Mbombela gesien. Gardee woon in Kamagugu, buite Mbombela.

“Gardee was saam met ’n driejarige dogtertjie ten tyde van haar verdwyning. Die kind is gevind, maar daar was geen teken van Gardee nie,” sê Mdhluli.

Gardee se familie het haar Saterdag as vermis aangemeld nadat sy nie weer by die huis opgedaag het nie.

Die laaste keer wat Gardee gesien is, het sy ’n swart top en broek aangehad. Sy is ongeveer 1,6 meter lank en het ’n neusring.

Enigiemand met meer inligting oor Gardee, kan konst. Sthembile Zitha by 072 474 0835 kontak of die familie by 072 514 1456.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Harley Davidson ·

En hoekom is hy so belangrik dat sy dogter se foto op mm is?

Misky ·

Nou net gehoor haar liggaam is gevind en sy is oorlede. RIV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.