Dogter vas ná moord op ma

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 23-jarige vrou van Bloemfontein is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar ma twee weke gelede.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, sê die moord het op 23 Januarie in die Bloemside 2-woongebied plaasgevind. Polisiebeamptes is na die huis ontbied waar daar beweer is dat aanvallers die huis binnegekom en die vrou aangeval en met messe gesteek het.

Die oorledene se dogter het beweer haar ma het haar van die aanvallers probeer beskerm toe sy gesteek is. Die aanvallers het volgens haar onmiddellik ná die aanval op die vlug geslaan. Die ma het op die toneel aan haar wonde beswyk.

“Die polisie het onmiddellik met hul ondersoek na die moord begin, maar namate die ondersoek gevorder het, het alle vingers na die dogter gewys,” sê Hlubi. “Danksy briljante werk deur polisiebeamptes wat hulle aan die saak toegewy het, is die dogter Dinsdag by die Bloemspruit-polisiestasie in hegtenis geneem.”

Die vrou sal binnekort in die Bloemspruit-landdroshof verskyn.

Die name van die beskuldigde en die oorledene kan eers bekendgemaak word nadat die vrou in die hof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Is ons verbaas, word hierdie dinge wat deesdae gebeur nie reeds in ons bybel gese dat dit sal gebeur nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.