Dogter ‘veg verbete om lewe’; pa ook in hospitaal

Elmien Fourie is op Nuwejaarsdag na die MediClinic- private hospitaal in Secunda oogeplaas (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou van Musina in Limpopo het ʼn dringende pleidooi aan weldoeners “vir gebede en bystand” gerig nadat haar dogter en haar man oor die feestyd met ernstige malaria gehospitaliseer is.

Manie en Natasja Fourie en hul dogter, Elmien (20), was oor die feestyd in Evander in Mpumalanga om by hul seun, Jaco, te kuier toe Elmien op Oujaarsdag in die Evander-staatshospitaal opgeneem is.

Nadia Baker, ʼn familievriend, het Dinsdag aan Maroela Media vertel Elmien is intussen met serebrale malaria gediagnoseer en “veg verbete om haar lewe” in die hospitaal. Volgens haar het dokters gesê die volgende 24 uur is “in die Here se hande”.

“Haar gesondheidstoestand het teen ʼn vinnige pas agteruitbeweeg en Manie en Natasja was dood bekommerd. Niks kon hulle egter voorberei dat Manie enkele dae later ook as gevolg van malaria gehospitaliseer sou word nie. Musina is ʼn klein gemeenskap, en dié gesin het diep spore in ons almal se harte getrap. Ons huil saam met hulle, ons is saam met hulle bekommerd. Al wat ons kan doen is smeek dat sy vir ons gespaar sal word,” sê Baker.

Volgens haar is Manie op Nuwejaarsdag met malaria gediagnoseer. Hy is daarna ook in die staatshospitaal in Evander opgeneem.

Die Fourie-gesin, hul vriende en familielede het intussen na weldoeners landwyd uitgereik om hulle by te staan sodat Manie en Elmien, ʼn student in skoonheidstegnologie op Potchefstroom, na ʼn private hospitaal oorgeplaas kon word.

Volgens Baker is daar teen Nuwejaarsdag net genoeg geld ingesamel om hulle na die Trichard MediClinic- private hospitaal in Secunda oor te plaas. Sy sê die familie benodig in dié stadium baie bystand om te verseker dat Manie en Elmien die nodige behandeling kan ontvang.

“Manie se toestand is in dié stadium baie meer stabiel as dié van sy dogter. Ons almal huil oor haar – die dokters het gesê die volgende 24 uur is kritiek. Dis hartverskeurend om na haar te kyk. Sy is ʼn opgewekte jong meisie wat al só baie vir ons almal beteken het. Nou lê sy daar en veg om haar lewe. As mense net vir haar lewe by die Here kan smeek is dit ook genoeg, maar die gesin gaan vir die pad vorentoe ook gedra moet word wat onkoste betref.”

Elmien was teen Dinsdagaand steeds in ʼn bedenklike toestand.

ʼn Facebook-ondersteuningsgroep is intussen begin om familie, vriende en kennisse op die hoogte te hou. Vir meer inligting en rekeningbesonderhede van die gesin besoek die Elmien Fourie Hulpfonds Facebook-blad.

Lees alle vorige berigte oor Elmien Fourie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jeanique Pretorius ·

Elmien, Jy is n prag mens. Toe my Pa my vertel het my hart in stukke gebreek! Ons almal staan jou by Vriendin! Tannie en Oom ons help waar ons kan!! Groot drukkie!

Ena ·

Serebraal malaria…n siekte wat angs en kommer by jou wakker maak
10 jaar terug is my gewese man met dit gediagnoseer en was n maand in n koma in Linmed hospitaal. N jong dokter….of sal ek se n instrument in God se hand het hom gehelp, maar die skade aan sy liggaam en brein was klaar veroorsaak.
Die wrede siekte het baie skade gemaak. Hy was/ is nie dieselfde nie….woede uit barsting…partymaal soos n kind optree en dan heeltemal impulsief.
Ek bid vir haar om te herstel en weer heel te word….soos ek se…die is n ongenadiglike wreede siekte.
Sterkte.

Sad ·

Genade ons kan maar net bid en hoop dat sy en haar pa herstel. ..Enige nagmerrie vir n ouer

Muffin ·

Ons glo hoop en vertrou dat Helmien binnekort uit die hispitaal gaan loop en gesond wees.
Ons dink aan die familie en vriende.

Kaster ·

Waar het sy malaria opgetel, in Musina of was hulle in n ander deel van die land ook waar erger malariarisiko is?

Na ette ·

My ma het by die dood omgedraai met malaria, maar ek het haar van Pretoria af al die pad Nelspruit toe gevat om by dokters uit te kom wat daagliks met malaria te doene kry. Sy is ook ‘n staatspasient, en ons het fantastiese diens gekry by Rob Ferreira. Baie sterkte, ons dink aan julle.

Ada ·

Dink aan julle en sterkte al ken ek julle nie.Liewe Jesus is in beheer.

Vic ·

Baie sterkte. Ons het n vriendin wat serebrale malaria oorleef het en vandag 100 persent gesond is. Die Here kan jou aanraak! Ons bid v jou Helmien.

Yankee ·

I am a dermatologist at Kaiser’s in Los Angeles, and understand the severity of this case. Our prayers for this lady. God bless.

PJC ·

Ai dit is so tragies. ń Mens kan maar net bid vir hierdie familie.

Tracy ·

Elmien ons dorpie Messina, een Groot gesin wag dat jy mooi gesond terug kom huis toe. One bid vir julle en glo 100% in die Here xx

Bee ·

Ek vra dat elke mens saam vir Jesus sal smeek dat sy volkome sal herstel. HY verrig elke dag wonderwerke. Stekte aan familie my hart saam julle seer ?

tanya ·

so jammer oor dit bid hard vir hulle my man 3 malarias gehad ek kan een ding se dat jul a dr kry wat met tropiese siektes werk my man was ook kritiek en sy lewe was aan a lyntjie my dr gese na twee keer wat malaria terug gekom het na behandel was in icu hul moet hom skyf hy is kritiek het hom geskuif na medi clinic in morningside by dr cliford smith enigste dr wat in die area met tropiese siektes werk was 1800 vir meds van buiteland wat hy moes drink het na ontslae was en het met aankoms dadelik vir dieander 5 malarias uv medikasie ingejaag asb contact cliford smith medi clinic morningside hy werk met alle tropiese siektes en tops as almal in kan samel en.hulle skuif na medi clinic santon na 2 weke was my man by huis baie sterkte

Tricea ·

Dis bitter nodig om met ernstige malaria, ‘n internis te kry wat weet wat sy/hy doen. Ek het laasjaar 2 interniste in Jhb gesmeek om my man op te neem. Teen die tyd wat hy al geel was weens lewerskade danksy die ‘normale’ malaria medisyne, het ‘n fantastiese internis, dr. Julia Botha, by Wilgeheuwel hom uiteindelik (ook op my aandrang) korrek diagnoseer en in ICU behandel met medisyne van die Mediese Beheerraad. Baie gebede en ondersteuning is nodig!

Louise Powell ·

bloedoortapping is al wat nou gaan werk>>>>>>>>>>>>>>>>>>asb dokters

Elzaan ·

Hello Natasja, My verloofde het ook serebrale malaria gehad, en hy was in dieselfde toestand waarin Elmien nou is.Die hospitaal het vir sy tannie gevra of hul die masjiene kan afsit, en sy het gesê wag nog net n rukkie, gee hom nog net n rukkie, en vandag, is hy springlewendig en gesond.Glo en vertrou net dat Elmien hier deur sal kom! Ek bid dat sy salvinnig aansterk en wakker word! Alle sterkte aan julle as familie. Elzaan – Pretoria

Mariaan ·

My seun Francois v Staden was vanaf 16 Des-24 Des in hospitale in ICU met malaria, ek weet waardeur julle gaan. Na hulp, bystand en gebede van ons gemeenskap in Pongola en oral oor die land, kon hy regte behandeling kry en hy sterk tans tuis aan. Ons glo en bid en vertrou op die Here dat Elmien ook genees sal word. Xx

Lucricia ·

Sterkte vir julle, ons sal saam met die res van die land bid dat God sy hand oor Elmien sal hou. Ek het self ‘n boetie in 2011 verloor aan malaria wat hy in Nelspruit opgedoen het.

Peet ·

Nou na meer as 24 uur later, hoe gaan dit met haar?
Sterkte en ons bid vir volkome herstel.

Suzani ·

https://www.facebook.com/Elmien-Fourie-Hulpfonds-184923028762427/

Elmien Fourie Hulpfonds
18 hrs ago (Wednesday)·
Ontvang van Jaco

Hallo almal. Wil net sê dat Elmien nog in ICU is maar dit gaan beter as dag een. Sy is van die dialise masjien af want haar niere funksioneer, maar nog nie 100% nie.
Haar voete, bene en hande is nog bietjie koud as gevolg van lae bloed plaatjie telling. Die malaria in haar liggaam is nog bo 30%. Haar bloeddruk is nie sleg nie.
Sy is nie meer onder sedasie nie en reageer van tyd tot tyd om haar kop te draai en haar oë effe oop te maak.
Hy het besluit om die brein scan later te doen wanneer sy meer herstel het. Sy is kritiek maar is op die regte pad.

BAIE BAIE DANKIE VIR ALMAL SE GEBEDE EN ONDERSTEUNING .
Ons sal haar môre middag weer 3 uur gaan sien in besoek tyd..

Ons as familie waardeer dit opreg en ons is jammer dat ons nie al die boodskappe en oproepe dadelik kan antwoord nie.

❤??Elmien is sterk en sy gaan hier deur druk..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.