Dogter wil parool vir ouers se moordenaars verhoed

John en Bina Cross. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die dogter van John en Bina Cross, die bejaarde egpaar wat meer as 17 jaar gelede wreed op hul plaas in die Gravelotte-omgewing in Limpopo gemartel en vermoor is, sal Woensdag teen haar ouers se moordenaars in hul paroolaansoek getuig.

Ephraim Mokwena en Michael Malamela, wat destyds elk tot 50 jaar tronkstraf gevonnis is, sal Woensdag in ʼn hof in Thohoyandou verskyn om vir parool aansoek te doen.

Lita Fourie, die Cross-egpaar se dogter, het aan Maroela Media gesê sy is verlede week deur die owerhede gebel en versoek om die paroolverrigtinge by te woon. “Ek sal beslis hulle paroolaansoek teenstaan. Ek het reeds vir die persoon van korrektiewe dienste wat my gebel het gesê dit dra glad nie my goedkeuring weg dat hulle vrygelaat word nie,” het sy gesê.

“Hulle is gewoontemisdadigers en in my oë sal hulle nooit verander nie. Die kans dat hulle weer gaan moor, is baie goed. As jy so baie met plaasaanvalle te doen het soos ek, weet jy ʼn mens is nooit weer dieselfde ná so ʼn aanval nie. Jou hele lewe word vir ewig daardeur beïnvloed. Hulle is misdadigers en dit is hoe ek hulle altyd sal sien.”

Fourie het ná die moord op haar ouers die Tabita-organisasie begin, ʼn organisasie wat ondersteuning aan die slagoffers van plaasaanvalle bied.

Maroela Media het vroeër berig John (78) en Bina (76) is op 16 April 2000 aangeval toe hulle die middag omstreeks 15:00 van die kerk af tuis gekom het. Mokwena en Malamela het reeds die oggend by die huis ingebreek en die egpaar ingewag. Malamela het voorheen vir die Cross-egpaar gewerk.

Mokwena en Malamela het tydens die aanval, wat ongeveer vyf uur lank geduur het, kookwater oor Bina uitgegooi en haar drie keer geskiet. Sy het egter nie onmiddellik gesterf nie, maar het op die vloer bly lê waar sy doodgebloei het.

John is aanvanklik een keer in sy bobeen geskiet en herhaaldelik geslaan en geskop. Hy is kort daarna nog ʼn keer met ʼn .22-geweer geskiet. Hy is later in die bad vasgemaak, waar ʼn spuitkraan gebruik is om vuurwarm water in sy keel af te spuit. Volgens Fourie het ʼn nadoodse ondersoek getoon dat die water John inwendig erg gebrand het en dat sy maag vol water was. Hy is uiteindelik met ʼn .303-geweer in die bad doodgeskiet.

Mokwena en Malamela het vuurwapens, juweliersware en verskeie huishoudelike items geroof voordat hulle met die egpaar se motor op die vlug geslaan het. Hulle is die volgende oggend in hegtenis geneem.

Fourie het Dinsdag gesê sy glo nie ʼn brief wat Mokwena en Malamela later vanuit die gevangenis aan haar geskryf het en waarin hulle om verskoning vra vir hul dade, was opreg bedoel nie. “Hulle het dit net geskryf omdat daar vir hulle gesê is om dit te skryf. Dit was soos ʼn CV opstel. Dit was nie opreg bedoel nie,” het sy gesê.

“Tydens die verhoor het een van die speurders vir Michael [Malamela] in die hof gesê hy gaan baie lank sit vir wat hy gedoen het. Toe antwoord hy: ‘But at least I’m alive’. Daar is geen berou by hom vir wat hy gedoen het nie.”

Zandile Mabunda, kommunikasiebestuurder van die Thohoyandou-gebied van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het vroeër aan Maroela Media bevestig dat Mokwena en Malamela in aanmerking kom om voor die korrektiewe toesig- en paroolraad te verskyn. Sy het gesê volgens departementele beleid mag sy egter nie spesifieke besonderhede van individuele oortreders bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Erika Potgieter ·

Die Boeremaglede sit nou 15 jaar SONDER APPÊL, maar hierdie moordenaars, wat geen berou toon nie, word vrygelaat?

Mariaan ·

Sy moet absoluut weier. Hulle gaan uitkom en dit weer doen. As mens net kyk wat hulle gedoen het!! Hoe kan hulle vir parool in aanmerking kom. Hulle is gevoelloos. Geen normale mens is so wreed nie. Laat hulle maar daar dood gaan!!!!

Gerda ·

Ek stem absoluut saam. Ek hoop dat sy goeie ondersteuning gaan kry en dat die sadiste nie vrygelaat gaan word nie.

Ek ·

Alle blankes behoort haar te steun. Waarom moet sulke wreedaards parool kry. Chris Hani is nooit gemartel nie masr sy moordenaars kon nognooit parool kry nie

Martie ·

Goeie middag.
My mening in die hele berig wat ek gelees het stem ek 100 % saam di dogter. Daar ia geen berou by beide die beskuldigdes ni.
Laat hulle sit sodat hulle geen moorde hoe ook al mag pleeg nie.
Hulle moet ten volle hulle tyd dien waarvoor hulle vonnis op gele is.

Frikkie Geld en huis ·

Absoluut!! 50 jaar en nie ‘n dag voor die tyd nie.

Fran ·

Maroela, sal julle ons asb laat weet wat het gebeur? Sal graag wil hoor dat hulle nog ‘n rukkie gaan sit.

Tina Barnard ·

Kan sy nie ‘n petisie opstel teen dit nie? Sover ek weet kan familie weier?

Johan. H. ·

Hang die geval aan die groot klok ,, Ons wil als weet. Wanneer hulle waar beweeg,,,Hull veiligheid kan mos nie gewaarborg word nie,,

Gunther ·

Johan jy is reg..Maak groot opskrifte in koerante hieroor Maroela..ons kan nie nog boere moordenaars vrylaat nie…help daai dogter asseblief.

Anton ·

Weet julle hulle het nie moort ge pleeg omdat hulle ge vang was nie hulle het dit beplan en uit ge voer en die marteling was vir hulle lekker hoekom wil hulle so graag uit net om dit weer te doen kyk die wit wolf was parool ge wyer oor sy slag offer se famielie nie voel dis reg nie maar hy het die persoon net dood ge skiet se nie dis reg nie maar wat van die famielies van die mense wat gemartel en dood ge maak is hoe moet hulle voel maar tog word daai mense nie eers lank toe ge sluit nie en dan gaan doen hulle dit weer

Alet Scott ·

Sulke wreedheid is absoluut walglik….en die sewentien jaar wat hul al toe gesluit is, is nie eens ‘n druppel in die emmer van 50 jaar nie! Laat hul hul vonnis uitdien tot die 50 jaar verby is.

Gunther ·

Johan jy is reg..Maak groot opskrifte in koerante hieroor Maroela..ons kan nie nog boere moordenaars vrylaat nie…help daai dogter asseblief.

Jakoba ·

Mense moet daar gaan betoog teen hulle vrylating. Onderteun haar. Dit is tyd dat die blankes opstaan

yvonne boshoff ·

Laat hul sit daar mut ons manne sit vi 14 jr en hul ht ni eers gemoor ni. Nog 23 jr dat hul sit daai brief gn ni jo ouers terug bring ni en ook ni hul hartseer wegvat ni. En hul gn dit maar nt weer een doen het nou meer tipes gekry in di tronke

Anelda Postma ·

Stem saam. Die manier waarop hulle die moorde gepleeg het was beplan. Laat hul 50 jaar sit. Ander boere gaan net dieselfde lot beleef wat verhoed kan word. Sterkte aan die oorblywende gesinslede my gebede is met julle. Beveg dit sover jy kan…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.