Dogters geskors wat nie rompe wou dra nie

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van onderwys het die regte van agt meisies, wat uit ʼn skool aan die Oos-Rand geskors is omdat hulle nie rompe wou dra nie, verdedig, het die Saturday Star berig.

Die meisies wou glo langbroeke dra, maar die skoolhoof van Tholulwazi Secondary School in Tsakane het gesê hulle mag nie terugkeer skool toe “totdat hulle weet of hulle seuns of meisies is” nie.

Die ma van een van die meisies het gesê die skool het daarop aangedring om haar kind se geboortesertifikaat te sien om te bevestig of sy ʼn dogter is. Volgens haar is die meisies geskors omdat hulle lesbies is.

Die meisies het Woensdag na twee weke teruggekeer skool toe nadat die departement ingegryp het. Woordvoerder Phumla Sekhonyane het gesê die departement beskou die bewerings in ʼn ernstige lig. “Geen diskriminasie in enige vorm, insluitend godsdiens, geloof of seksualiteit, word in skole geduld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

A Gerber ·

Skooldrag is daar om eenvormigheid, netheid en trots te skep. En dit lyk baie netjies as seuns en meisies onderskeidelik in ‘n bepaalde skool uniform is. Wat as daar seuns is wat wil begin rokke dra om hul mooi geskeerde bene ten toon te stel..? As hul dit geweier word is dit ook skending van menseregte… As almal aantrek wat hulle wil aantrek kan skooldrag net sowel verval. En dan is daar baie meer komplikasies aan verbonde.

Amanda ·

Broeke is in elk geval vir party meisies gemakliker en netjieser as rompe of rokke, mag hulle gemak klere ook nou net rokkies wees? Nee regtig, dit is mos hulle keuse.

Lindie Lourens ·

Dit hang ook seker af wat die skoolreëls hieromtrent sê!

Jenny de Beer ·

Ek wil hierdie skoolhoof se hand gaan skud. Hoekom moet meisies langbroeke dra, van hierdie meisies kan nie eers in ‘n langbroek kom nie maar hulle wil dit dra. Daar is niks so mooi as ‘n meisie/vrou ‘n rok of romp dra nie. Dit lyk soveel beter. Ek kan nie sien hoekom ‘n langbroek makliker is om aan te trek nie, vernaam die wat so styf sit dat dit lyk of dit aan die lyf gegiet is.

Wilesta ·

Ek hou daarvan om rokke en rompe te dra, maar moet te kenne gee dat langbroeke in baie gevalle meer prakties is en “veiliger” is in sekere omstandighede. Skoolmeisies moet baie keer trappe klim, op oop pawiljoene sit ensovoorts wat hulle in ‘n ongemaklike posisie voor seuns kan plaas.
Die grootte van die broek maak nie saak nie, solank dit die regte grootte vir die regte lyf is.

Jeanetta Taljaard ·

Wat ‘n belaglike rede om kinders te skors. As ek vandag moes skool gaan, sou ek beslis ook ‘n langbroek verkies het, verkieslik ‘n staal een. Al die skole het skoolbroeke, wat die eenvormigheid van skooldrag verseker. Ek werk nog my hele lewe met langbroeke, want ek werk nog meeste van die tyd net saam met mans en voel baie meer gemaklik in ‘n langbroek as ‘n rok. Het nie nodig om bekommerd te wees oor wat steek uit as ek trappe moet klim nie. Is ek lesbies? Ek twyfel, het nog nooit enige trek vir vrouens gehad nie.

Elfie ·

Jeanetta ek stem. En hoe durf die onnies die kinders so verneder deur vir geboortesertifikate te vra om te sien of hul meisies is. Meeste skole het langbroeke as deel van hul uniform en kan die meisies dit dra of die rompe, wat de duiwel maak dit nou saak of jy romp/broek verkies. Absoluut belaglik verby.

RK ·

Julle wat so lekker oordeel vel oor die meisies wat lang broeke wil dra eerder as rompe was seker 100j terug laas in die skool. Dinge het baie verander van toe af hoor…

Jy loop teen die trappe op en die seuns druk ‘n selfoon van agter onder jou rok in en neem of foto of video wat hul versprei. Of seuns en meisies dink dis vreeslik snaaks om sommer so in die verbygaan jou romp op te lig, gewoonlik in ‘n besige gang of op die oorvol trappe. Dan noem ons nie eers dat as jy op paviljoen sit, maak nie saak hoe styf jy jou bene toeknyp nie, iewers steek iets uit en met die selfone kan hul lekker inzoom en daai word ook versprei en oor gelag. Dit gebeur selfs in klasse waar hul op regte “angel” kan afneem sonder dat jy bewus is van dit. Ons praat van blanke seuns en in gemengde skole gaan dit nog erger aangesien blankes al hoe meer geboelie word deur nie-blankes en ons blanke kinders mag nie ‘n woord se nie anders is hul rasisties.

Dink tog bietjie verder as wat jou neus lank is oor die rede agter HOEKOM!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.