Dogters kom op vermoorde ma se liggaam af

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die liggaam van ʼn 42-jarige vrou, wat as ʼn administratiewe klerk vir die Limpopo-polisie gewerk het, is Saterdagoggend in haar huis aangetref.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou se liggaam is deur haar twee dogters, onderskeidelik 18 en 24 jaar oud, in haar huis in die Tshamahanzi-nedersetting naby Mokopane gevind.

“Die vrou se 45-jarige vriend, wat haar lewensmaat is, is reeds deur die polisie in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het hy gesê. Die man was in besit van die vrou se voertuig gewees.

Die man sal na verwagting Maandag in die Mokerong-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die oorledene was ʼn administratiewe klerk by die Mahwelereng-polisiestasie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hendrik ·

Almal wil moord pleeg as dinge nie volgens jou wil gebeur nie, hoekom?? die straf vir moord is so min en n maklike uitweg, verkragting se straf drie keer meer

Sus ·

Ek dink nie die moordenaar dink aan die straf voor hy die moord pleeg nie. Ek dink ons samelewing is net vreeslik siek.

Jan maak n Plan ·

Ek dink dis tyd dat die Suid Afrikaanse regering kyk hoe die Botswana regering se regstelsel werk.

Marietjie ·

Hk jou maat vermoor…. skei eerder of beweeg aan. Maar MOORD!!!!! Mense is siek… onthou net JY JY alleen moet eendag voor GOD staan !!!!

Jef ·

Waar lees julle dat die vriend skuldig is net omdat hy in besit was van vrou se voertuig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.