Dogters rasend ná ouers verdwyn

[OPVOLG] Nico en Karin Jordaan is Donderdagaand gevind. Lees die opvolgberig hier.

Karin en Nico Jordaan

Karin (51) en Nico (53) Jordaan is beide vermis. Foto: Verskaf

Twee dogters van Pretoria is rasend van bekommernis nadat hul ouers, Nico (53) en Karin (51) Jordaan, Maandag tussen Pretoria en Botswana vermis geraak het.

Esperanza Roeloffze, die Jordaan-egpaar se dogter, het Donderdag gesê haar ouers se bewegings is die laaste keer Maandag omstreeks 14:00 op die R511 ongeveer 25 minute vanaf Ellisras in die rigting van Botswana met behulp van Google Maps waargeneem. Die egpaar het met ʼn silwer Elgrand-minibus met die nommerplaat B282AVT gereis.

“My pa werk in Botswana en gaan gereeld soontoe. My ma ry nou en dan saam met hom. Hulle is Maandag omstreeks 10:00 uit Pretoria weg,” het Roeloffze vertel. “My sussie, Niki-lee, het ongeveer 12:50 met hulle gepraat, toe was hulle blykbaar net verby Ellisras. Daarna kon ons hulle nie weer in die hande kry nie en hulle was om 15:49 die laaste keer op WhatsApp sigbaar.”

Roeloffze het gesê haar man, Ruchardt, het al ʼn paar keer saam met haar pa in Botswana gewerk, ken die pad wat hy altyd ry en het besluit om na hulle te gaan soek. “By die grens aan Botswana se kant was daar egter geen teken dat hulle al daar deur is nie, en aan Suid-Afrika se kant word daar vir ons gesê hulle mag geen inligting aan ons verskaf nie.”

“Ruchardt was ook by die buro in Suid-Afrika waar my pa altyd geld ruil. Die vrou wat daar werksaam is, ken my pa goed aangesien hy gereeld daar geld ruil. Sy sê sy het hom verlede Woensdag laas gesien. Dit was toe hulle van Botswana af teruggekeer het Suid-Afrika toe,” het Roeloffze gesê.

“Alle tekens dui dus daarop dat hulle nie dié keer Botswana gehaal het nie.”

Lehan Haasbroek, Niki-lee se man, het gesê sy skoonpa is Maandag terug Botswana toe om geld te gaan haal vir werk wat hy daar gedoen het. “Ons het ʼn vermistepersoonsaak aanhangig gemaak by die Pretoria-Noord-polisiestasie en het al ʼn hele klomp mense genader wat ons probeer help,” het hy gesê.

Roeloffze sê hulle vermoed haar ouers se voertuig het sonder brandstof gaan staan en dat hulle moontlik gestap het om hulp te kry. “Of hulle is moontlik beroof en stap dalk. Ons weet nie eintlik wat om te dink nie. Niki-lee het Woensdag verjaar en hulle sou haar normaalweg beslis gebel het. Dit maak ons nog meer bekommerd.”

Nico Jordaan is kort en bles met blou oë, terwyl Karin klein gebou is met bruin oë en swart hare met blou strepies. Enigiemand met inligting oor waar die Jordaan-egpaar hulle bevind, kan Roeloffze by 072 083 3173 laat weet.

Nico En Karin Bussie

Die egpaar het met ʼn silwer Elgrand-minibus met die nommerplaat B282AVT gereis. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Christine ·

Ag Vader , ek kan my nie indink wat deur gedagtes als moet gaan nie, maar ek bid dat hulle veilig is op hierdie oomblik dat Jesus se engele saam hulle is. Hou ons op hoogte asb. Sterkte aan julle

Charmaine coetzee ·

Baie sterkte hoe kan hulle se hulle mag geen inligting uitgee nie immers julle ouers so swak van die mense hoop julle kry jul ouers

Toy ·

Charmaine ek stem saam met jou. Dus hul ouers wat is so n geheim. Ai ek hoop hul word vinnig gevind en is veilig.

B-man ·

Polisie moet mos help! Dis hulle werk. Mense is vermis en dit nog naby die grens ook. Asseblief, spoor hulle op. Sterkte!

janas ·

Sterkte kinders!!
Hoop jul ouers word spoedig in die gru-wereld gekry en ons bid en vertrou dat hul veilig is.

Lehan Haasbroek ·

Dankie aan almal van julle se gedagtes….Is nou weer een dag later en geen solide nuus regtig nie.Ek dink ook self dit is regtig swak hulle ons nie kan verskaf met inligting nie.Vermisde persoon is nie i ligte saak nie….Ons sal julle op hoogte hou ons hoop maar net vir die beste ? en hulle veilig is waarokal hulle daar buite is.

Esperanza ·

Baie dankie aan almal vir julle hulp en gebede. Hulle is gevind.

Johan ·

goeie dag, ek wil asb net klein bietjie meer inligting he oor die ouers, ons is n radio groep van ongeveer 250 mense, ons het n whatsapp groep gestig vir vermiste persone ens, as ek dalk net n foto kan kry van hulle sal dit al baie help, ons is tussen Pretoria en Rustenburg

Niki-lee Haasbroek ·

Hulle is reeds gevind en is veilig.Baie dankie.

Johan ·

Goeie werk, ek is baie bly vir julle, dit gebeur baie min in ons wereld

Lehan Haasbroek ·

UPDATE !! Jordaan couple (parents in law) have been found they are waiting for family to collect them in one of Botswana Police departments,they have been found!!! ????thanx alot for all the help from you guys again !!! We deeply appreciate all the help everyone sharing the posts that was set out.i apologize if i by accident share twice to same contact or group, There’s a ton of people that i need to thank and that was helping us with whole situation??

Marisa ·

Dank Vader hulle is veilig! Mag ons hoor wat die omstandighede was waarin hulle gevind is?

Jolene ·

Goeie naand ek het daai voertuig met daai nommer plaat stop om brandstof in tegooi ni 10 min trug nie gesien op Bloemfontein N1 Stop

Hannelie ·

Dankie tog hul is gevind!!! So gebid dat hul nie ook ‘n statistiek in hierdie land word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.