Dogters vlug uit vlammehel

(Foto verskaf deur Rusa)

Vier minderjarige dogters, wat alleen by ʼn huis gelaat is, het betyds gevlug ná ʼn brand in die huis uitgebreek het.

Prem Balram, woordvoerder van die Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa), het gesê ʼn ma het haar vier kinders alleen by die huis gelos om alkohol te gaan drink by ʼn plaaslike sjebien. “Sy het in ʼn besope toestand teruggekeer en gesien die huis is in die brand verwoes.”

Volgens Belram het beamptes van Rusa Sondagaand omstreeks 22:20 reageer op ʼn huisbrand in Donkeyweg in Waterloo, KwaZulu-Natal. “Beamptes het gesê vier minderjarige meisies het die huis ontruim net minute voor die dak inmekaargestort en die gebou in vlamme gehul is.”

Die Durbanse brandweer en metropolisie het ook vinnig reageer.

“Beamptes het die bure ondervra en bepaal dat die vier kinders alleen by die huis gelos is toe die enkelma by ʼn sjebien in Waterloo gaan drink het. Die vrou het teruggekeer huis toe toe sy nuus ontvang het dat haar huis in die brand verwoes is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maggies ·

Ek hoop haar vier kinders word in goeie sorg geplaas. So vrou verdien nie kinders nie.

ES ·

Stuur haar maar tronk toe vir kinderverwaarlosing. Hulle kon dood gewees het!

Watter tipe ma los haar minderjarige kinders alleen by die huis om te gaan drink??

Anoniem ·

Mag die 4 dogtertjies asseblief ‘n goeie liefdevolle huis kry waar hul met liefde versorg word.
Maar dit is ook grotendeels die Regering se skuld. Weereens word die kindertoelaag uitgesuip en die kinders moet daaronder ly. Wakkerskrik Regering!

Misky ·

Dis skandelik!!! Hoop sy word hard gestraf en die kinders kry ‘n goeie, liefdevolle huis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.