Dogtertjie (2) sterf; sussie kritiek in hospitaal

Argieffoto

ʼn Tweejarige dogtertjie is dood en ʼn vyfjarige in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat die kinders Vrydagmiddag in die swembad van ʼn woonstelkompleks in Northriding in Johannesburg beland het.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê ʼn volwasse vrou, vermoedelik die ma van albei die kinders, was glo besig om kardiopulmonêre resussitasie op die kinders toe te pas toe die nooddienste op die toneel aangekom het.

Volgens Vermaak het ander kinders, glo ook inwoners van die woonstelkompleks, hulp ontbied nadat hulle op die twee kinders in die swembad afgekom het.

“Paramedici het noodhulpbehandeling oorgeneem en toe die twee- en vyfjarige kinders na die hospitaal gehaas. Die tweejarige kind is kort ná die aankoms by die hospitaal dood,” sê hy.

Die vyfjarige kind is volgens berigte steeds in die hospitaal. Meer inligting oor die voorval is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tersia ·

Ai mense kyk asb na julle kinders. Dit is die grootste geskenk wat die Liewe Vader vir n mens gee. Pas hulle op soos goud. Baie tragies.xxx

Muffin ·

Tersia ek stem 100% met jou saam, maarkry die ouers regtig baie jammer. Vroeer jare moes alle swembaddens omhein wees. Vandag maak almal wat hulle wil. Munisipaliteite het inspeksie gedoen by swembaddens.

Anoniem ·

Ek sal van my kop af raak as albei my kinders CPR nodig het, en ek kan nie albei gelyktydig help nie. Hoe kies jy?!?!? :(((

Leana ·

Hoe los mens twee klein kindertjies alleen en sonder toesig by n swembad. Ai mense leer asb uit ander se foute. Ons kinders is so kosbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.