Dogtertjie (2) verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweejarige meisie het Dinsdag in ʼn swembad by ʼn huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verdrink.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn huis in Andries Pretoriusweg plaasgevind.

“Daar word verneem dat die kind naby die swembad gespeel en daarin geval het. ʼn Familielid het na ʼn ruk die meisie in die water sien dryf en haar dadelik uitgehaal,” het Meiring gesê.

Paramedici en beamptes van die polisie se soek-en-reddingseenheid het omstreeks 11:15 by die huis opgedaag.

“Die kind is ondersoek en het geen teken van lewe getoon nie. Sy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

oumie ·

Na n ruk het n familielid die kind gaan soek dammit hoe lank is n ruk o nee twee jaar oud neeeeeeeeeeeee ek is nie volmaak nie maar my kleinkinders van 8, 8 en 6 mag onder geen omstadighede gaan swem sonder toesig nie en die net bly 24/7 op swembad ek weet ongelukke gebeur maar na n ruk was n ruk net te lank RIP kleintjie

Ancara ·

Ek stem saam met Oumie.My seun was 2 jaar oud en ek het hom erger as goud opgepas omdat die mense by wie ons was ook n swembad gehad het.Jy as grootmens moet vir daai kleintjie dink en optree.Dit kon verhoed gewees het.Jammer Kleintjie rus in vrede.

Ancara ·

Wat gaan met die mans aan wat die arme Pikkewyn gesteel het?Het hulle al daaraan gedink dat die Pikkewyn net die Akwaruim het as sy/hy se woonplek.Dat ander mense hom dalk gered het na n olie ramp.Het hulle al daaraan gedink dat die Pikkewyn nie sy eie kos kan vang nie.En die Akwaruim moet dit baie moeiliker maak vir mense wat sommer net diere wil steel.Ag nee hoe meer dae hoe meer gemors wat gebeur.

gulda ·

Kyk mense nie meer na hulle kinders nie? Veral as daar n swembad is? My genade!!Dalk moes n te jong kind na die twee jarige kyk. Dan is dit die ouers se skuld.

Liza ·

Liewe vader wat gaan aan met die mense dat hulle nie na hulle kinders kan kyk nie, mens los nie sulke klein kindertjies of geen kinders alleen by ‘n swembad of enige plek nie, vandag se ouers is regtig onverantwoordelik. Oumie ek stem saam my genade hoe werk dit…….besef hulle nie…. ek is so kwaad nou vir onverantwoordelike mense….

Eddie ·

Jammer as jy ń swembad kan bekostig kan jy ñ veilheidsnet ook bekostig wat 24/7 op jou swembad moet wees. Dis uiters nalatig.

Janine ·

Ek kan nie glo dat jaar-na-jaar, soveel jong kinders verdrink nie! WAAR is die ouers? Elke berig moet ek verby blaai en tong vasbyt, maar my liewe magtig! Dis verregaande dat mense nie na hul kinders kyk nie!

Kobus ·

Wil my voorkom dat daar ouers is wat nie besef wat ouerskap verg….dis of hul die kleingoed net onder hul voete uit wil he…en besef nie dat gevare vir kleintjies oral le en loer….vir grootmense kan dit dalk nie as lewensgevaarlik voorkom….om n kind by n swembad te laat kom sonder n veiligheidsnet…..AGTERLOSIG

Anel ·

Leer julke kinders swem. Van baba ouderdom. Veral in ons land waar ons sonskynweer het vir meeste van die tyd. En deesdae het almal swembaddens. Die babas leer om op die rug te draai sodra hy in die water val en dan te dryf. Baie kinders is al so gered.

Annie ·

Die doid van sulke klein krose is so onnodig .. die dag wat jy kinders het, het jy n groot verantwoordelikheid op ju skouers .. dit is hoekom jy n ouer genoem word. Hartseer … rus in vrede kleinding

CQ ·

Om jou kind te leer swem is n goeie idee…. Maar OUERS MOET HUL KINDERS OPPAS!!! Ongelukke gebeur so vinnig. Al kan n kindjie swem – stamp dalk perongeluk sy kop en hy is uit soos n kers- nee. Ouers moet hul kinders oppas!

Gerda ·

Mense asb moenie verwyte rondslinger nie. Jy was nie by nie. En onthou verdrinkings vind nie net in n swembad plaas nie. Pas julle kindertjies op.

Sater ·

Ja natuurlik was niemand van ons by nie anders sou dit nooit gebeur het nie. Maar regtig mense moet versigtig word en voorsorg tref.

Janine ·

NEE! Elke keer is dit kleintjies wat ‘weggeglip’ het. Se agterent! Dis nie verwyte nie. Dis ‘common sense’. Mens KYK na jou kinders. Punt. En ‘n oop swembad is nie ‘n verdomde ongeluk nie. Dis pure nalatigheid.

zella ·

Nou wa was die kind se ouers of toesighouer as mamma en pappa dalk by die werk was???
En tweedens da is n swembad en da is n kind waar is die net wat oor die swembad moet kom as jy klein kindertjies het? mense kyk nie meer na hulle kinders nie meeste mense is meer gepla oor n foon as oor hulle kinders…

andrea van vuren ·

Of ‘n heining? Nee wat, ek lê die skuld vierkantig voor die agterlosige ouers se voete neer!

Cacophony ·

Dink julle nie daai ouers gaan deur genoeg self verwyt en self haat nie? Om hulle hier te kasty gaan tog nie help nie want hulle gaan vir die res van hulle lewens hiermee moet saamleef. As hulle opstaan, as hulle gaan slaap, elke verjaarsdag, elke kerafees. Dink dis meer as genoeg van ‘n straf. Al wat mens maar kan sê is: there but for the grace of God go I.

Tanya ·

Ek stem met jou saam Cacophony. Mense sal liewer klippe wil gooi as om jammer te se. My dogtertjie is nie eens in ‘n swembad weggevat nie maar ek verwyt myself nogsteeds elke dag van my lewe. Die ergste is om by die huis te kom na die groot gebeurtenis. Die huis is leeg, haar bedjie is leeg, speelgoed staan rond. Jy hoor geen gelag meer nie. Almal wat hier so klippe gooi het geen idee hoe dit voel om ‘n kind te verloor nie. Ongeag van die omstandighede.

Colleen ·

Dis baie hartseer. Mens moet nooit jou oë van kinders afhou as hulle om water is nie. Kinders verdrink in klein bietjie water in emmers ook of modderpoele buite. Mense met swembaddens moet verplig word om aan sekere reëls te voldoen soos om ‘n heining wat hooggenoeg is om te hê en die hek moet vansself toemaak en hy moet so wees dan klein kinders dit nie kan oopkry nie. Almal moet ‘n swembad veiligheid sertifikaat kry wat miskien elke 5 jaar of so hernu moet word.
Ai my hart breek vir die ouers.

Richard Hubsch ·

Swembad is ‘n luxury wat nie nastenby genoeg gebruik word nie. Ook heeltemal teveel tyd om die ding blou te hou.

Sad oor die kind. Ouers moet beboet word vir sulke nalategeid. Wat is verskil hiervan en 80km/h in 60 zone doen? C’mon!!!

Wilma ·

My dogter-hulle het huis met swembad aangekoop. Eerste ding wat hulle gedoen het, was om swembad te omhein met ‘n behoorlike hek, veiligheidsnet professioneel laat aanbring en 6-maande oue kleinding gaan volgende jaar vir swemlessies. Gelukkig is hulle in ‘n finansiële posisie om veiligheidsmaatreëls eerste te kon stel anders sou swembad toegegooi word!

sarie van heerden ·

Daar moes ook eers ‘n kindjie in ons swembad verdrink voordat ons wakker geskrik en ‘n net laat installeer het. Ons bure se 24/24 opgepasde dogtertjjie het in hul binnenshuise visdammetjie verdrink. Dit gebeur ook nie altyd omdat mense nie hul kinders behoorlik oppas nie. ‘n Ongeluk gebeur in ‘n oogwink.

Tanya ·

My hart gaan uit na die ouers. Om jou kind hierdie tyd van die jaar te verloor, of om ‘n kind oor die algemeen te verloor, is glad nie lekker nie. Mis nogsteeds my blou oog blondekoppie elke dag van my lewe. RIV kleintjie en mag die Here die ouers berusting gee.

charlene ·

My dogtertjie in nou 5, kan nie wow swem nie maar kan darm bietjie swem. Ons het nie `n swembad nie maar wel `n baie klein “splash pool” – vir kinders. Waar sy glad nie, soos in glad nie alleen mag in wees nie. Die water kom nie ee tot bo haar maggie as sy sit nie. Maar sy mag nie alleen in die ding speel nie. As ons gaan kuier by mense met `n swembad is ek of my man soos `n stertjie agter haar en weet heeltyd waar sy haarself bevind! Dis so hartseer as mens jaar na jaar lees van kinders wat verdrink – ons almal weet dit gebreur binne sokondes dat daai kleintjie in die water is! Nietemin stekte aan die ouers, en mag julle hier deur kom. Maar mense asb kyk na julle kinders hulle is woelig en besige bytjies, en kan baie gou verdwyn.

Celia ·

Dis nalatigheid van ouers se kant. Daar moet wetgewing kom- vir elke kleintjie wat in n swembad verdrink – kla die ouers aan van manslag. Erens moet dit stop! Dit gebeur konstant dat n kleintjie verdrink. Hulle is total weerloos en onskuldig!
Beveilig swembaddens. Leer babas swem. Pas hulle op!
Hoe kan enige mens n swembad bou sonder n heining daarom plus n net?

Juany ·

Deesdae gee die ours net nie meer om oor hulle kinders nie jy kan nir laat n twee jarige meisie gaan buite speel en jy weet daar id n swembad nie…..?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.